Plaasaanval in Ugie: Polisie wou ma glo arresteer

plaasdamDie polisie wou glo ʼn vrou, wat op aanvallers geskiet het nadat die gesin in hul plaashuis in Ugie in die Oos-Kaap oorval is, in hegtenis neem.

Die gesin is Woensdagaand omstreeks 21:00 by hul plaashuis deur drie gewapende mans oorval. Die man en sy dogter is in die voorval geskiet en die vrou het haar man se vuurwapen gegryp en op die aanvallers losgebrand. Sy het glo een van die verdagtes gewond.

“Die polisie wou ná die voorval die vrou in hegtenis neem omdat sy haar man se vuurwapen hanteer het,” het Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, gesê. “Hulle het haar eers laat gaan toe daar met regstappe gedreig is.”

Die slagoffers moes tydelike mediese sorg in Maclear ontvang, omdat ʼn ambulans glo nie genoeg brandstof gehad het om hulle na die hospitaal in Queenstown te neem nie. Klik hier om meer te lees.

Volgens Cameron word die verdagtes moontlik verbind aan ʼn aanval op ʼn bejaarde egpaar sowat drie weke gelede.

Dit is in die stadium nie bekend of die drie verdagtes in hegtenis geneem is nie. Maroela Media wag vir kommentaar van die Maclear-polisiestasie oor die aangeleentheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Ria Maritz ·

Die vrou arresteer omdat sy haarself, reeds gewonde eggenoot EN kind wou beskerm ?!?!

Babs ·

As polisie aanvallers beskerm wonder ek of hulle nie dalk vriende is.

Mariette Hammann ·

Dit is hoog tyd dat die treurige polisielede permanent verwyder word uit die polisie!! Daar het reeds ‘n paar jaar gelede ‘n vrou gesterf as gevolg van die polisie wat nie eers die telefoon kon antwoord toe die mense aangeval is nie. Die publiek moenie net hulself verdedig teen die misdadigers nie, maar ook teen korrupte polisielede. SKANDE!!!

Ugie vriendin ·

Ja nee, sal eerder iemand wat probeer om haar familie te beskerm in hegtenis neem as wat hul die aanvallers sal arresteer! Die polisie is n klug spul en so korup dat geen mens meer veilig kan wees nie. Nie eens met polisie naby jou nie. Hul is self n klomp lafaards en wil die persone wat vir hul gesinne opkom straf.

Ugie Vriende ·

Elkeen het die reg om homself en sy gesin te verdedig as hy aangeval word. DIT IS TYD OM OP TE TREE TEEN DIE KORRUPTE POLISIELEDE, WAT EERDER DIE MISDADIGERS AS DIE SLAGOFFERS WIL HELP.

Grassie ·

Volgens die gemeenregtelike regverdigheidsgrond van “noodweer” het daardie dame heeltemaal binne die reg opgetree, Sy is `n baie dapper vrou en ek haal my hoed baie hoog af vir haar.
Voor 1994 is dikwels na die S A Polisie verwys as die dun blou lyn wat tussen die wetsgehoorsame burgers en die misdadigers staan. Deesdae lyk dit vir my het hulle ontaard in `n verflenterde blou lyn waarvan die meeste lede `n 180-grade omkeer gemaak het en die belange van die misdadiger en geweldenaar beskerm.

sylvia ·

ja nee kyk nuwe Suid-Afrika. Wonder of daai polisie manne dalk betrokke is omdat hul die arme vrou wou toesluit omdat sy haar familie wou beskerm. ek se skiet hulle as hul onwettig op jou erf is. .

Lizelle Lambert ·

Da is geen regsstappe in SA nie. Ek en my kinders was ook by die huis aangeval deur 4 gewapende “African Men”! Mag nie gese het swarts mans toe ek my verklaring gegee het nie. 3 is gearresteer ma net 1 is gevonnis WANT dit was die ander 2 se 1ste oortreeding vir gewapende roof! Sy moes hul dood geskiet het want as hulle gevang word sit hulle nie baie lank nie want in SA lyk my mag jy ‘n 1ste oortreeding he vir gewapende roof. Lekker in SA!!! DIE tronke is oor vol en moet hul die doodstraf terug bring. Dit was altyd lekker in SA ma nou leef almal in vrees vir hul lewens. Sy is baie dapper en ek is trots op ha. 2 jaar later en ek my kinders leef in vrees want ons weet nie wanneer kom die ander 2 weer terug nie. Die 4de is nooit opgespoor nie!!!

Michael D ·

Jy mag kos nie ANC ondersteuners en voters skiet nie! Wat het die arme vrou nou gedink. Die ANC hrt elke stem nodig.

Madeléne ·

Dankie aan die een wat hier gehelp het : “Hulle het haar eers laat gaan toe daar met regstappe gedreig is.”
Ek kan nie in woorde uitdruk hoé ek voel oor die res van die berig en voorval nie, julle sal my permanent verwyder!

Nellie ·

Onse hemelse Vader is n vredevolle liefdevolle God. Die satan gebruik God she kinders om mekaar te haat. ASB ek toer in Ireland en hier gebeur dieselfde
Die duiwel is in God se huis. Mense will nie die Here dien nie. Die roomskatoelieke kerk het also beheer,totdat die uitbreek van die molersering onder die priesters op die lappe gekom het. Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie maar teen die bose in die lug. Ons Suid Afrikaners IS God se lig . ASB ASB Dit gaan door Jesus.

Mickey ·

Nellie ,,Nellie jy moet maar aanhou toer deur Ierland dis defnitief veliger maar liewe goedgelowige mens God het sy kinders, dis nie te betwyfel nie maar dink jy nie dis bietjie veregaande om die satanstelge the beskryf as God se kinders nie en dis mos nie verkeerd om Satan te haat nie want hy is sinoniem met sonde en God haat sonde , die bose is nie in die lug nie dit loop orals rondom ons gierige wreedaards sonder gewete of gevoel

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.