Polisiebeampte skiet twee, self

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

ʼn Polisiebeampte het sy vriendin en haar ma doodgeskiet voordat hy selfmoord gepleeg het, het die polisie in Gauteng Dinsdag gesê.

Maj. Mack Mngomezulu, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het Maandag in Meadowlands plaasgevind. Volgens Mngomezulu het die konstabel ook ʼn persoon geskiet wat by sy vriendin se huis ʼn kamer gehuur het.

Die konstabel, sy vriendin en haar ma is op die toneel dood. Die huurder is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling. Volgens Mngomezulu is die polisiebeampte se vuurwapen op die toneel gevind. “Die motief vir die moorde is nog nie bekend nie.”

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en poging tot moord en ʼn geregtelike doodsondersoek is geopen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

ladybug ·

Jaloesie … vermoede dat sy hom verneuk het … ai, polisielede weet darem maar nie hoe om konflik te hanteer nie, verstaan net om te gryp na hul vuurwapens, met die tragiese gevolge …

Dave ·

Die polisie se vuurwapens moet weggeneem word. Hulle skiet te dikwels bloot net verkeerde en onskuldige mense. Ooglopend is hulle nie bevoeg nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.