Polisieman se vrou voor hom verkrag

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

ʼn Kaapse polisieman moes glo toekyk terwyl twee mans sy vrou herhaaldelik verkrag nadat hulle by die egpaar se huis ingebreek het.

Konst. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die egpaar is omstreeks 03:00 Woensdagoggend in hul huis in Mandela Park, Khayelitsha oorval, waarna die vrou glo verkrag is.

Rwexana het gesê die polisie ondersoek ʼn saak van huisroof en verkragting. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

Volgens die Daily Voice het die egpaar wakker geskrik toe die twee inbrekers flitsligte in hul gesigte geskyn het. Die polisiebeampte se broer het aan die koerant gesê die inbrekers het geweet sy broer is ʼn polisiebeampte en het hom vir sy dienspistool gevra.

“Toe hulle dit nie kon vind nie, het hulle ʼn vuurwapen teen sy kop gedruk en sy vrou beveel om haar klere uit te trek, waarna hulle haar om die beurt verkrag het terwyl hy moes toekyk.”

Volgens die berig het die inbrekers ʼn skroewedraaier teen die polisiebeampte se oog gedruk. “Hulle het vir hom gesê hulle doen dit omdat hulle weet hy is ʼn polisiebeampte en sy werk hulle pla.” Die verdagtes het met selfone, beursies, klere en vleis gevlug.

Rwexana het ʼn beroep gedoen op enigiemand wat die polisie met die ondersoek kan bystaan, om ao. Esterhuizen te kontak by 021 363 9024.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Bleskop ·

En so word die polisie afgedryg…. Sad very very sad
Ek sal van my kop af raak as so iets met my/ons moet gebeur, en voor jou, ek weet nie, ek weet regtig nie.
Alle strekte aan die vrou en haar man met die aaklige (klink na so ‘n lee, onbenullige woord) gebeurtenis, ek , ek het nie verder woorde nie.
Sterkte sterkte sterkte sterkte sterkte, en nogmaals sterkte!!

Eben ·

Nou sal daardie polisieman ook voel hoe voel duisende blankes daagliks wat met hul gesinne gebeur omdat hulle as polisie nie hul werk doen.

Andre ·

Eben, is jy ‘n mens of wat se “iets” is jy? Kan jy tog vir ons sê wat jou bronne is vir die duisende blanke vrouens wat daagliks voor hulle mans verkrag word……….want dis wat jy met jou snert impliseer. Hoop werklik nie so iets gebeur ooit met jou nie!

Carl ·

Andre, soms wonder ek aan die intelek van die mense wat saam met ons hier lees. ;)

My gedagtes is by die man en vrou en ander wat gister vandag en more deur misdaad geraak gaan word. Dit is nie noodwendig ‘n ras ding nie almal lei onder misdaad. En ons almal moet binne die wet terug veg.

Jaco ·

Eben, ek is sprakeloos oor jou reaksie. Jou tipe laat my verstaan hoekom anderskleuriges Blankes haat in hierdie land!

Cornelis ·

As jy mooi lees is die polisieman juis geteiken omdat hy sy werk doen. Hierdie terugvoering van Eben is defnitief ongevraag en hoord nie op hierdie forum toegelaat te word nie. Om te reken dat alle polisiemanne nie hulle werk doen nie is n ongegronde stelling. Sterkte aan die betrokkened

SNEL ·

Dis vreeslik wat hulle moes deurmaak, dis geluk dat daai vuilgoed hulle nie dood gemaak het nie. Hierdie is miskien n polisieman wat sy werk met trots gedoen het en eerlik is en daarom het hy nou n teiken geword. Baie sterkte aan julle.

Burkie ·

Maak nie saak wie of watter kleur jy is nie…dit sal vir my die ERGSTE ding ooit wees… dis onmenslik en dit wys jou net wat in die samelewing aan die gebeur is. Wat staan ons te doen?

Ek hoop en bid die skuldenaars se geslagsdele VROT af.

Andre ·

Dit is afgryslik! Ek voel so jammer vir hulle. Dit gaan baie berading vat vir albei om hier deur te kom. Ek huil my dood!!!!!! Here bewaar my en my familie en almal wat ek ken teen so iets. Ek weet nie of ek sal kan aangaan was dit ons nie.

Drieks ·

Geskep deur die ANC.
ANC, jul het die verkragters en rowers bo ons toegelaat.
Sterkte aan hierdie mense….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.