Polisieman skiet gestremde seun, self

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Polisiebeampte van Durban in KwaZulu-Natal het sy 19-jarige gestremde seun doodgeskiet voor hy selfmoord gepleeg het.

Maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die 48-jarige beampte het Woensdag sy seun gaan oplaai het waar hy bly in Merebank.

“Die beampte en sy seun se liggame is Donderdagoggend op ʼn strand in Umkomaas gevind,” het Zwane gesê. ʼn Selfmoordbrief en vuurwapen is op die toneel gevind.

Die polisie het ʼn geregtelike doodsondersoek geopen en ondersoek ʼn saak van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Dave ·

Die polisie is baie skieterig. Hulle moet vuurwapens geweier word.

Trippie ·

Love and war.
En die wereld is vol daarvan. Daar gaan nog baie gecrack word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.