Presidensie duld nie ‘skinderpraatjies’ oor Eskom nie

Argieffoto (Foto: SnapwireSnaps, Pixabay)

Argieffoto (Foto: SnapwireSnaps, Pixabay)

Die presidensie het Donderdag gesê hy gaan nie aandag skenk aan gerugte en ʼn geskinder oor bedrywighede by Eskom nie.

“President Jacob Zuma is ten volle op hoogte van ontwikkelinge by Eskom en die pogings wat die minister van openbare ondernemings en die raad aanwend om die elektrisiteitsuitdaging aan te spreek,” het Mac Maharaj, woordvoerder van die presidensie, in ʼn verklaring gesê.

Volgens hom ontvang Eskom al die ondersteuning van die departement van openbare ondernemings, die presidensie en die regering in sy geheel om die bedrywighede te verbeter en die energiesekuriteitsplan in werking te stel. Adjunkpresident Cyril Ramaphosa lei glo die regering se pogings.

Eskom sukkel al die afgelope paar maande met die verskaffing van elektrisiteit nadat een van sy steenkoolsilo’s ineengestort het. Dieseltekorte en instandhoudingsprobleme dra ook by tot die probleem.

Business Day het Donderdag berig dat vier senior uitvoerende beamptes, insluitend die uitvoerende hoof Tshediso Matona, een week nadat hulle met ʼn oudit op Eskom se tenderprosesse begin het, geskors is.

Eskom se mediakantoor het bevestig dat hy ʼn kennisgewing van Matona ontvang het dat hy sy skorsing in die arbeidshof sal betwis. Volgens die maatskappy het die skorsing niks te doen met die tenderoudit nie. “Nee, die voorsitter het dit twee weke gelede tydens die perskonferensie baie duidelik gestel dat die skorsings plaasvind sodat die onafhanklike ondersoek kan voortgaan,” het die woordvoerder gesê.

Zola Tsotsi, voorsitter van die raad, het op 12 Maart gesê die vier persone is gevra om terug te tree terwyl die ondersoek gedoen word.

Matona het Donderdag ʼn dringende aansoek by die arbeidshof in Johannesburg ingedien om sy skorsing te daag.

Eskom het Donderdag weer beurtkrag ingestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

ig ·

Stortkop as jy skrik,skrik net wakker.Dit is nie skinderstories nie,dit is die werklikheid.Maar dit pla jou nie want jy het permanent krag.

J.Z ·

Mac,as julle en no1 net eerlik wil wees,en nie goed onder die kombers aan vang nie hoef jy nie meer so baie vuure dood te gooi nie.probeer dit ,dit kan werk!!!!

Theresa ·

Ja nee tipies van hom. Draai maar jou kop weg van alles wat by Eskom aangaan. Ek dink nie hy weet hoe om die %$#@&* reg te maak nie. Dalk ‘n tjommie of 2 of 3 wat nou weer daar “gehelp” word. Dis mos hoe daar gewerk word………………………

Hendrik ·

“President Jacob Zuma is ten volle op hoogte van ontwikkelinge by Eskom en die pogings wat die minister van openbare ondernemings en die raad aanwend om die elektrisiteitsuitdaging aan te spreek,” het Mac Maharaj, woordvoerder van die presidensie, in ʼn verklaring gesê.

So op hoogte as wat hy was met die aanbouings by sy eie huis, neem ek aan. Ons kan ‘n superluukse ESKOM hierna verwag…

jaycee ·

Zuma is korrek wanneer hy sê hy steur hom nie aan spekulasie en skinderpraatjies oor Eskom nie, want die feit van die saak is hy steur hom aan NIKS nie behalwe die beskerming van sy posisie en dekadente lewensstyl deur skep en instandhouding van ‘n ringmuur van leuens, bedrog en diefstal. Lynne Brown verklaar sy as minister kan nie veel doen om die gemors by Eskom te help beredder nie, maar elders word berig dat Zuma direk betrokke was by die skorsing van Eskom se top amptenare want ‘n beplande oudit by Eskom sou onreëlmatighede met tenders na vore bring. Zuma moes ‘n stokkie daarvoor steek. Met ander woorde die minister/kabinet kan wel regstellende stappe neem maar om hulle eie beursie te beskerm doen hulle dit nie, al beteken dit dat SA biljoene Rand per maand moet verloor as gevolg van die ANC se onbevoegdheid en patologiese drang na selfverryking.

Leonard de Lange ·

Dis so waar wat jy daar sê jaycee, maar ons gewone ouens mag & kan niks doen!

Peet Schabort ·

Ek neem aan die huidige staking by Medupi is ook net ‘n skinderstorie . . .
Sak Sarel ! !

Elize ·

Wel, wat ek hieruit leer die presidensie praat nie, en duld nie skinderstories (wat die waarheid is) oor Eskom of Nkandla nie.

CHRISTA ·

Wie gaan die “onafhanklike ondersoek” doen? Zuma se vrinne wat aan sy broekspante vasklou?

Gideon Roos ·

Ek weet van een ding wat klaar ons probleme met krag kan verlig:

Hou op om duisende megawats krag elke dag aan ons buurlande verniet te gee! Die verantwoordelikheid van ‘n staats verskaffende maatskappy is om eers na die ense in sy EIE land te kyk en daarna kan hy hom bekommer oor wat buite die grense aangaan.

Maar Suid-Afrika werk mos agterstevoorom sedert ’94. In meeste lande, as ‘n persoon van die regering van iets aangekla is, moet hy uit sy pos tree tot die ondersoek voltooi is. Maar in Suid-Afrika, mag jy nie die president van iets aankla of hom hof toe vat terwyl hy as president dien nie. Dis ‘n wet wat ou Zuma kort na sy verkiesing in plek gebring het om hom te beskerm teen die 748 klagtes van bedrog teen hom.
Watter ander land kan se hy het ‘n massa-moordenaa (Nelson), ‘n idioot wat AIDS ontken (Mbeki), en ‘n krimineel wat meer as 136 wette oortree het (Zuma), as presidente gehad?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.