Pta-gemeenskap hou herdenking vir vermoorde ma

Marlien Erasmus. Foto's: Verskaf

Marlien Erasmus. Foto’s: Verskaf

Talle Pretorianers het Saterdagaand byeengekom om Marlien Erasmus, die 20-jarige ma wie se liggaam Donderdag in ʼn veld gevind is, se lewe te herdenk. Erasmus se liggaam is op dieselfde dag gevind as wat haar vierjarige dogtertjie verjaar het.

Maroela Media het Vrydag berig Erasmus se liggaam is deur ʼn verbyganger in ʼn veld by Danville, in die weste van Pretoria, aangetref. Haar liggaam was in ʼn kombers toegedraai.ʼn Familielid van Erasmus, wat verkies om anoniem te bly, het Maandag aan Maroela Media gesê nagenoeg 50 mense het Saterdagaand om 19:00 by ʼn parkie in Booysens, naby haar huis, byeengekom.

“Almal is gevra om kerse te bring en ons het ʼn foto van haar daar geplaas,” het die familielid gesê. “Ons het ʼn skyfievertoning van haar gehou terwyl almal kerse ter ere van haar laat brand het. Mense het ook blomme gebring en dit by haar foto geplaas.”

Inwoners by Marlien se herdenking.

Inwoners by Marlien se herdenking.

Erasmus het in die Pretoria-omgewing grootgeword en sou in Desember haar 21ste verjaardag gevier het.

Sy het voor haar dood van werk verwissel en het ʼn liefde vir dans en fotografie gehad.

“Sy het haar lewe voluit gelewe. Niemand kon vir Marlien ken en nié deur haar geraak gewees het nie. Sy was eksentriek, hardkoppig, slim, snaaks en met ʼn neus vir ʼn goeie storie soos niemand anders nie. Haar hart was groot en vol liefde vir haar twee kindertjies.” Haar dogtertjies is onderskeidelik vier en vyf jaar oud.

Haar familielid het gesê hulle het net altyd die grootste bewondering vir haar gehad. “Sy het al die uitdagings wat die lewe haar gebied het, gepak en deurgewerk. Sy het nooit gaan lê nie.”

Haar familie sal haar onthou as ʼn jong geesdriftige vrou, vol energie en baie spontaan.

Erasmus word Donderdag begrawe.

Kapt. Thomas Mufamadi, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die polisie ondersoek ʼn saak van moord en die ondersoek duur voort.

Inwoners by Marlien se herdenking

Inwoners by Marlien se herdenking.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

planmaker ·

Twintig jaar oud. Kinders 4 en 5 jaar oud! Dus reeds op 15 jarige ouderdom en op 16 kinders gehad! Genugtig!

Christanam ·

Lowe Hemel 2 kinderjies het hulle ma verloor en ouers hulle kind en julle sit en kerm oor haar ouderdom? Julle is die mees ongevoeligste mense. Wat het geword van menslikheid en simpatie.

Tania ·

Jy is een om te praat Christanam. Haal die balk eers uit jou eie oog….

Maronel ·

Tania, Lees Christanam se kommentaar reg asseblief. Sy trap dan juis Planmaker uit omdat die haar/sy mond vol het oor haar kinders.

Tania ·

Maronel jy moet jou bril opsit skattebol!! Christanam weet waarvan ek praat, duidelik nie jy nie.

MeneerQ ·

Regtig?
Iemand Is vermoor tussen ons en al waaroor julle warrie is hoe oud sy was toe sy kinderqZ gekry het.. nee regtig man, dis HAAR kinders gewees nie julle s’n nie, en julle was nie gevra om te help groot maak nie, so los dit, en los die negatiewe kommentaar.

If you have nothing good to say then ather don’t say anything.

Theo ·

Planmaker!!
Wel dis my vriendin en dinge gebeer in die wereld, maar ek moet se sy was ‘n baie goeie ma vir ha kinders ‘n ma soos sy kry mens nie meer in die wereld nie

Tanja ·

AMEN!! en Dankie Theo. Wou ook presies die selfde ding se sy was n goeie ma vir haar dogtertjies.ma soos sy sal nooi weer daai plek instaan soos wat sy het nie by hullr nie..mense weet nie waarvan hulle praat nie!!!

Suré ·

ek stem saam jou! sy was met my neef getroud en daarvoor sal ek op kom vir haar

Sanet Van Rooyen ·

Julle is so pateties..sien net altyd die negatiwiteit. Julle was nooit in haar skoene nie hou julle kommentaar vir julle self as jul niks goed het om te se nie..maar nou ja n paar sekondes van belangrik voel is seker vir julle belangriker as die seer wat haar kinders en geliefdes voel..

iemand ·

Sanet ek weet nie presies uit watter bus jy geval het nie maar hier is hy die negatiewe een. Die twee mense staan net op vir hul vriendin, dit is wat vriende veronderstel is om te doen! Moes hulle soos meeste vriende van vandag net sit en toekyk hoe mense hul engel vriendin beswadder?

Paula Fourie ·

Weet jy dit maak my mal as mense net wil sit en oordeel. Genade man wie gee jou die reg!!!! Wat daarvan as sy haar kinders op 15 en 16 gehad het. Het sy jou enige iets in die lewe gevra.
Tyd dat mense ophou om die heeltyd vinger te wys, gaan haal bietjie jou geraamtes uit die kas en dink twee keer voordat jy oordeel!!!

Suré ·

Marlien was iemand om te beleef, ons kan nie oordeel nie! sy was altyd vriendelik en haar kinders was haar alles, ons kan net bid dat die person of persone wat haar dood veroorsaak het,gevang sal word en gestarf word vir wat hulle gedoen het.

Neptunus ·

Jy mag nie hieroor wonder nie. Die meeste Afrikaners dink blykbaar ons mag steeds nie vir onsself dink of vryheid van spraak beoefen nie. Die vrou lyk of sy baie grondpad gestap en al harde bene gekou het. Wat ‘n aaklige einde. Mens kan tereg jammer voel vir die kindertjies, hulle het nie gevra om hier te wees nie. Kom ons hoop hulle lewens draai beter uit. Ek glo hier is meer agter die storie. Die berig is maar skraps en meld nie of sy vermoor is oppad terug van die werk of dat sy gou kafee toe was om brood te gaan koop nie. Mens kan nie help om aan Sheldean Human se tragiese lewe te dink nie.

nig ·

Jip, Neptunus, dis altyd ironies. Mense kryt anderskleuriges uit as hulle op jong ouderdomme reeds kinders het maar hier is dit “reg”. Ek dink nie Planmaker het lelik bedoel nie, nou oordeel almal hom -hy het bloot ‘n vraag gevra. En nou doen hulle presies waarvan hulle hom beskuldig het – oordeel. Laat mens tog net kophou en onthou hierdie is ‘n forum waar elkeen geregtig is om sy mening uit te spreek. Mens het beslis simpatie met die agtergeblewenes en as mens bloot ‘n voor-die-hand-liggende vraag vra na aanleiding van wat in ‘n berig is, beteken dit nie jy is die duiwel vanself nie! Komaan mense gun elkeen vryheid van spraak solank dit nie bots met die forum se waardes nie.

Theo ·

Mense moet net ophou slegte dinge te dink en se….jy kry ouers wat hulle kinder dood maak en slaan en al daai dinge, gaan kyk mooi na al die meisies van vandag hulle kani eers na hulle kinders kyk nie en hulle weet ook dan nie eers wie hul kinders se pa is nie, maar ja kom ons los dinge want ek wil nie met die wereld se dinge meng nie

Daleen ·

Weet julle wat jul komentaar kan jul vir jul self hou as dit negatief is jul worry oor haar ouderdom ek meen regtig ! Sy is nie meer met ons nie haar stem is nou stil . Dink aan haar 2 kinders hul het nie meer n ma nie en aan haar ouers. Sy was n ma, n dogter, vriendin. Maar jul worry oor haar ouderdom . Haar kinders word groot sonder hulle ma al was sy hoe oud sy bly hul ma. My innige mee gevoel aan die kinders, Famielie en Theo Nel. Ons dra jul op ons gebede en vra rus vir haar siel. Strongs

lorayne ·

My hart en gebede gaan uit na Marlien se dogtertjies, hulle pappa Hennie, haar gesin en almal wat vir haar lief was . . . .
Mag God julle sterkmaak en troos in hierdie hartseer tyd. Mag jy in vrede rus Marlien . . .

chantell ·

Julle wat haar kan oordeel behoort julle te skaam dit maak nie saak hoe oud sy was nie daar is n gesin vernietig nou 2 kindertjies word sonder n mamma groot sy het geleef vir haar kinders so voordat julle oordeel loop eers n dag in haar skoene

Estie ·

Ek kan nie glo wat ek lees nie…. Die eerste komentaar iets negatief… Wat van iets positief se… Wat van well done girl. Baie dankie dat jy nie aborsie oorweeg het nie, en jy as kind jou kinders groot maak, en tog na alles so tragiese dood he. Baie baie sterkte aan haar familie, vriende en aan haar 2 engeltjies wat agter bly en sonder ‘n mamma moet groot word. Mag God ‘n ekstra spesiale handjie oor julle hou.

Liza Human ·

Planmaker;
Anders as jy, skryf ek nie onder `n skuilnaam nie, want ek is nie skaam vir wat ek nou vir jou gaan se nie: Dis mense soos jy wat die wereld maak soos hy vandag is – SIEK. Volgens jou seining is dit oraait om vermoor te word, jou lyk in `n kombers toegedraai en in `n verlate veld ” gedump ” te word. Maar behoed die hemele – Moet net nie swanger raak as jy 15/16 is nie.

Paula Fourie ·

Nig, vryheid van spraak? Rerig? Dis oordeel want planmaker kyk neer op haar. Hy het haar nie geken nie maar tog is dit dadelik “GENUGTIG” ! Dit is niks anders as oordeel nie. En as jy wil se mense oordeel hom nou maak jy n fout. Hul staan op vir n vrou wat tien teen een baie moeiliker tye beleef het as wat ons besef.

RIA ·

EK STEM SAAM DIS NIE DIE OUDERDOM WAT TEL NIE SY HET HULLE GROOT GEMAAK TOT DAT DIT VAN HAAR ONTNEEM IS SY HET HULLE NIE WEG GEE OF VERMOOR NIE ,SY WAS N MOEDER VIR HAAR KINDERS ,

nicci ·

In my lewe het ek nog nooit so ietz gesien wat maak dit tog saak hoe oud sy was , mense kan kom staan en oordeel soos hul wil sy isi hier sys weg geneem van al die mense wat haar lief gehaat ht nu stry en beklei almal onder mekaar dt is laag almal kry n oordeelsdag julle sin kom jul weet dt neti en sy kan kinders kry waneer sy wil solank sy na hulle kyk dt ht niks met niemand te doen los die arme vrou in vrede ! Die Here .†. Sit hoog maar sien laag

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.