PTA-pa spalk self seun se been

Dr. Stefan Schoeman en sy twee seuns, Michael (13) en Jaden (10) Foto: Stefan Schoeman, Facebook

Dr. Stefan Schoeman en sy twee seuns, Michael (13) en Jaden (10) Foto: Stefan Schoeman, Facebook

Dr. Stefan Schoeman van Waverley in Pretoria moes Saterdag vinnig optree nadat sy seun ʼn fraktuur opgedoen het op die strand naby Wildernis in die Wes-Kaap.

“Die pa het die span van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) omstreeks 15:20 genader om hulp nadat sy 13-jarige seun, Michael, ʼn fraktuur opgedoen het,” het die NSRI in ʼn verklaring gesê.

Michael het glo sowat 4 km oos van die NSRI Wildernis se reddingstasie sandplank gery toe hy beseer is.

“Bemanningslede van die NSRI het met ʼn kwadfiets en ʼn 4×4-voertuig dadelik na die toneel gehaas,” lui die verklaring. “Paramedici van die Wes-Kaapse departement van gesondheid is ook ontbied.”

Schoeman het reeds sy seun se been met stokke gespalk voordat hy hulp gaan soek het. “Die NSRI se paramedici, ondersteun deur dr. Schoeman, het weer die been gespalk en die seun is gestabiliseer voordat hy op ʼn seereddingsvoertuig gelaai en oor die sandduine na die reddingstasie geneem is. Van daar het ʼn ambulans hom na die George Mediclinic geneem.”

Volgens Schoeman se Facebook-blad moes Michael ‘n plaatjie met sewe skroewe kry om die been te heg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.