PTA-vrou sterf in trokongeluk

Foto: @sketchcawood / Twitter

Foto: @sketchcawood / Twitter

ʼn Vrou is dood en twee mense is beseer nadat ʼn motor en ʼn swaarvoertuig Maandagmiddag in Rietondale, Pretoria, gebots het.

Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het in die besige Soutpansbergweg naby die Jenkinsrylaan-kruising plaasgevind.

“Die vrou het in die voorste passasiersitplek gesit. Sy was reeds dood toe paremedici by die toneel opgedaag het,” het Steinmann gesê. “ʼn Man wat die motor bestuur het, en ʼn vrou wat agter in die motor gesit het, het ernstige beserings opgedoen. Hulle is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

netcare 911 ongeluk soutpansbergweg

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.