Pukke se geskorste SR-voorsitter heraangestel

Monica van Schalkwyk. Foto: Facebook

Monica van Schalkwyk. Foto: Facebook

Die Noordwes-Universiteit (NWU) het bekend gemaak dat prof. Dan Kgwadi, visekanselier van die NWU, Monica van Schalkwyk heraangestel het in haar posisie as adjunkvoorsitter van die Institusionele Verteenwoordigende Studenteraad (IVSR).

“Dit volg nadat ‘n ondersoek ingestel was na die geldigheid van die tydelike skorsingsbevel wat deur die IVSR op haar gedien was, en ‘n regsopinie deur die universiteit se regskantoor opgestel is. Die regsopinie het bevind dat die IVSR buite hul mandaat opgetree het. Monica se regverteenwoordiger is dienooreenkomstig ingelig,” het Louis Jacobs, woordvoerder van die universiteit, aan Maroela Media gesê. “Die proses om ‘n oplossing te fasiliteer vir die konflik binne die IVSR, soos versoek deur die uitvoerende komitee van die NWU-Raad aan twee senior bestuurders, gaan steeds voort.”

Maroela Media het die naweek berig Van Schalkwyk is geskors nadat sy die res van die IVSR, wat uit SR-lede van die Mafikeng- asook die Vaaldriehoekkampus bestaan, se voorstel om veto-stemreg in die IVSR te implementeer, teengestaan het.

Die ISR het glo steeds die voorstel aan die NWU-Raad voorgelê. Van Schalkwyk het na aanleiding hiervan ʼn brief aan die raad gestuur waarin sy die redes uitlig waarom die voorstel nie in ag geneem kan word nie en om te beklemtoon dat die regte prosedure nie gevolg is nie. Sy is hierna geskors.

Van Schalkwyk het vroeër die week ʼn prokureursbrief aan die universiteit gestuur waarin sy eis dat die skorsing voor of op 6 Maart teruggetrek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Alwyn Beetge ·

Geluk en alle seenwense. Onthou om jou rug dop te hou.

Jeanette ·

My personnel her n grief teen my gevel. Wat moet ek doen?

Rudi ·

Sluit aan by n vakbond soos Solidariteit. As jou saak regverdig is sal hul jou help

Henry Stewart ·

Monica ek haal my hoed af vir jou dat jy jou man staan! Baie geluk met jou her aanstelling en onthou daar is baie meer mense agter jou in hierdie dorp en land wat saam jou staan as wat jy dink!

Hou Potch Potch en ons sal saam jou veg daarvoor!

Swanna ·

ROER dit my kind, ROER dit. Moenie bang wees vir hierdie gespuis nie. Wys vir hulle jy is nie bang nie en dat daar prosedure in plek is gesit is sodat elkeen nie net kan maak soos hy lus is nie. Dit is wat hulle wil doen en as ons hulle dit toelaat gaan dit nog erger word. Die span regslui wat saam met jou werk en wat jou van raad verskaf, wel gedaan. Hou so aan.

Zahnre Bouwer ·

Hulle moet passop, die girl kom van Benoni! Vat hulle vas Monnie!

BoelieBrand ·

Ek sou dit nie daar los as ek haar prokureur was nie.

Die raad moet terug tree van hulle “fasiliterende” rol aangesien hulle bewys het dat hulle ‘n onvermoë het om ‘n fasiliterende rol te speel, en/of dat hulle nie met bona fides optree nie!

Sam ·

Jammer dat rassisme ‘n al groter wordende rol op ons kampusse speel. Ek vertrou dat diegene wat die onwettige skorsing ingestel het vervolg sal word, of ten minste self geskors sal word.

Daan Malan ·

Mooi so, Meisiekind!!! Ons jong Afrikaner studente op die PUK sal baie vinnig meer en meer moet leer om selfs nog ‘n meer ferm houding in te neem en saam te werk en saam te staan, …(Eendrag maak Mag) … en die stryd slimmer te stry, want dit gaan nie beter of makliker word in die toekoms nie. “Die Duiwel gaan rond soos ‘n brullende leeu, en kyk wie hy kan verslind”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.