Monica van Schalkwyk, studenteraadsvoorsitter van die Noordwes-universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus, het met regsaksie teen die universiteit begin nadat sy glo onregmatig van die Institusionele Verteenwoordigende Studenteraad (ISR) geskors is.
Maroela Media het die naweek berig Van Schalkwyk is geskors nadat sy die res van die ISR, wat uit SR-lede van die Mafikeng- asook die Vaaldriehoekkampus bestaan, se voorstel om veto-stemreg in die ISR te implementeer, teengestaan het.
Die ISR het glo steeds die voorstel aan die NWU-Raad voorgelê. Van Schalkwyk het na aanleiding hiervan ʼn brief aan die raad gestuur waarin sy die redes uitlig waarom die voorstel nie in ag geneem kan word nie en om te beklemtoon dat die regte prosedure nie gevolg is nie. Sy is hierna geskors.
Van Schalkwyk het intussen ʼn prokureursbrief aan die universiteit gestuur waarin sy eis dat die skorsing voor of op 6 Maart teruggetrek word. Indien die universiteit nie hieraan gehoor gee nie sal Van Schalkwyk se regsverteenwoordigers om ʼn dringende hofbevel aansoek doen.
Louis Jacobs, woordvoerder van die universiteit, het die naweek aan Maroela Media gesê die universiteit ondersoek die geldigheid van die tydelike skorsingsbevel. Hy het bygevoeg dat twee senior bestuurslede deur die uitvoerende komitee van die universiteit aangewys is om die konflik in die geledere van die ISR te fasiliteer.
Sterkte, ons glo jy sal hierdie geveg wen.
Mooi so, dis al taal wat hierdie hardekwas tipe mense verstaan. Weersinwekkend om te dink wie die Puk opgebou het en hoe ander net instap om dit te wil verander soos hulle goeddink.
Staan op jou regte! Ons is agter jou!
Dit is goed en waar! Vertrou op die Here! Seën en sterkte!
Ek is bly om te sien julle staan op vir die regte van enkelinge ook,in gepaste gevalle…gaan so aan!!!
piet botha: PUKKE 1967,