Regering verdedig R10 m. se advertensies in The New Age

the-new-age-1Faith Muthambi, minister van kommunikasie, het Sondag die regering se besluit om meer as R10 miljoen op advertensies in The New Age te spandeer, verdedig.

Muthambi het gesê die departement maak van spesialis sagteware gebruik om advertensies te koop vir “optimale omvang, frekwensie en optimalisering”. “Die regering maak van massakommunikasie gebruik om sy mandaat te vervul om met die grootste moontlike verspreiding van Suid-Afrikaners te kommunikeer.”

Gavin Davis, DA-LP, het vroeër die week die minister versoek om te verduidelik hoekom meer as R10 miljoen die afgelope finansiële jaar op advertensies in The New Age spandeer is.

Hy het bevraagteken hoekom die regering R10,2 miljoen op advertensies in The New Age spandeer het aangesien die koerant net ʼn leserstal van 153 000 het terwyl daar R10,4 miljoen spandeer is op advertensies in die Sowetan wat ʼn leserstal van 1,6 miljoen het.

“’n Vergelyking tussen die grootste koerante wys net hoe misplaas die regering se spandering is op advertensies in ʼn koerant wat deur die Gupta’s besit word, ondanks ʼn lae leserstal,” het Davis gesê.

Hy het ook verwys na The Herald, The Mercury en Pretoria News wat soortgelyke leserstalle het as The New Age.

Volgens Muthambi kan ʼn nasionale koerant soos The New Age nie vergelyk word met koerante in metropolitaanse areas nie. “Indien ons agbare Davis se argument volg, sal die regering in ʼn groter aantal koerante in metropolitaanse areas in alle provinsies moet adverteer om dieselfde voetspoor van The New Age te kry en teen ʼn groter koste.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Chris du Plessis ·

Ek sal nie verbaas wees as die ANC regerings geld op die wyse deur due New Age na die ANC kanaliseer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.