SA akteur op fietstoer in Malawi aangehou

Ivan Zimmermann op sy bergfiets.

Ivan Zimmermann op sy bergfiets.

Die Suid-Afrikaanse akteur Ivan Zimmermann is Maandag in Malawi aangehou toe hy die grens na Zambië wou oorsteek.

Zimmermann ry met ’n bergfiets deur Afrika as deel van die Tour d’Afrique-fietstoer om kos vir honger mense in Suid-Afrika in te samel. Zimmermann, wat tans te sien is in die kykNET-dramareeks Vlug na Egipte, het op 9 Januarie in Egipte weggespring en sal in Mei in die Kaap aankom.

Zimmermann het aan Maroela Media gesê hy was die afgelope agt dae in Malawi en is Maandagmiddag vir ʼn uur en ʼn half by die immigrasiekantore by die grenspos tussen Malawi en Zambië aangehou.

“Ek moes ʼn boete betaal wat eintlik ʼn ‘bribe’ was en wat ek van die begin af duidelik gemaak het ek nié wou betaal nie. Daar is vir my gesê ek is nie ʼn ware Suid-Afrikaner nie omdat ek wit is.” Volgens Zimmermann is daar ook vir hom gesê sy inhegtenisname “is vir al die Malawiërs wat uit Suid-Afrika gedeporteer word”.

Zimmermann het gesê hy was woedend maar het niks teruggesê nie. “Dit het my baie onwelkom in Malawi laat voel en ’n baie wrang smaak in my mond gelos, veral na ʼn baie lekker paar dae in Malawi.”

Zimmermann hoop om 12 000 blikkies kos in te samel met die CAN-a-KILO-projek. Die kos wat ingesamel word sal deur die Hanna Charity and Empowerment Foundation in Suid-Afrika versprei word. Klik hier vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

ig ·

Laat dit vir hom n les wees.Plaas dat by liewer sy energie gebruik om volkseie behoeftiges te help.

Andre Nell ·

Lees was seker nie jou sterk punt op skool nie né….? Hy doen dit vir Suid Afrikaners….!!! Vat nou ‘n paar vol blikkies na een van die punte toe as straf…. Dankie vir wat jy doen Ivan!

ig ·

Andre,geemaar jou blikkie kos vir die Empowerment Foundation waar dit uitgedeel word en die ontvangers dit sal verkoop vir drank en sigarette.Ek doen meer as genoeg vir behoeftiges wat volkseie is .

Elfie ·

Nou ja dis alles baie jammer want ek HOU oor die algemeen van Malawiërs. Kyk nou SA simpele regering – dit kry jul nou van jul idiotisme. Jaag Malawiërs uit ons land en daar is geen werk daar, geen myne ens maar die sleg klomp kriminele van Zim en Moz kan maar bly en dan moet ons mense daaronder ly. Die beste ding is bly maar weg uit die res van Afrika. Ry maar hier rond fiets!

SNEL ·

Ek glo elke ou wat nie die nodige dokumente het om in n land te bly en werk nie moet uit daardie land gejaag word. Dis met sulke indringers wat ons eie land se mense nie werk het nie.
Jammer oor die slegte smaak wat Malawi nou vir jou gelos het, Ivin, maar sterkte en jy doen n goeie ding….hou bene hou.

Elfie ·

Snel, ek het my so vasgeloop met locals dat ek duisend keer eerder Malwiërs gebruik. Hulle is hardwerkend, vriendelik en resepekvol. Local is nie altyd lekker nie, die wat ons hier gehad het het gereedskap uit die motorhuis gesteel, dagga “skelm” (hulle dag ons is toe) geplant agter een buitegeboutjie, loop traag en doen in een dag wat my Malawiër in ‘n paar uur doen. Nee wat, daardie paadjie loop ek nie weer nie dankie.

Harry du Randt ·

Oefen fiets is die veiligste in jou huis agter jou eie tralies. He He

nig ·

Harry ja dan drink ek sommer ‘n blikkie kondensmelk terwyl ek trap en hou die hongeres in my gedagtes….

Swanna ·

Dit kom my voor of die hele AFRIKA nou in opstand teen die wittes kom. Want ooral tree hierdie verskynsel nou na voor.

Lynette Jansen ·

Ek gaan nie eers agter n skuilnaam wegkruip nie, maar ja, die korrupsie in hierdie land is vreeslik !! Almal se niks nie en wil dit nie hoor nie want dit is mos die ”Warm Heart of Africa”. Ek het baie werk hier gedoen, geld ingesamel vir Hospitale en weeshuise bou, ek is nou nog hier. Waar is daai geld heen? Verdwyn, sommer net so. Ons karre word bestook met klippe, as jy ry met jou venster oop, skreeu hulle vieslike taal by jou venster in. Ons ry agter die ”locals” maar ons word gestop omdat ons kamtig gejaag het, maar die persoon wat n local is voor jou, mag gaan? Se jy iets, word jy gese, ”I’m telling you, you must pay” . R2000 in die water in. As ek ooit n boek moet skryf oor die corrupsie, stenig hulle my. Ek is ook lankal n Local, as jy meer as 7 jaar hier woon. Ons is hier vasgevang na baie leuens en beloftes, daar is nie werk vir ons in SA om terug te gaan nie, elke pos sover was BEE. En nee, ek doen niks meer vir hierdie ”warm hart van Afrika” nie. Ek is jammer dat die akteur moes proe hoe werklikheid in die land is. Ek het agter gekom dat die witmense nie sleg praat van die plek nie, maar ek is amper seker hulle voel soos ek. En ja, ek het gewik en weeg om my kommentaar hier te plaas. Val my maar aan, God is aan my kant en stap saam met my.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.