SA oor Malema gewaarsku

Gayton McKenzie Foto: morningafrica.com

Gayton McKenzie Foto: morningafrica.com

Gayton McKenzie, sakeman en veroordeelde oud-bankrower, het in ’n ope brief aan Julius Malema gesê dié leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) is die grootste dief wat hy ooit ontmoet het. Hy noem hom die “Con-mander in Thief”.

McKenzie, die president van die Patriotic Alliance (PA), ’n politieke party wat hy en Kenny Kunene gestig het, het gesê hy probeer sedertdien om sy skuld aan die samelewing terug te betaal nadat hy aan “gruwelike misdade” deelgeneem het. Hy beskou die ope brief as ʼn deel van dié skuldbetaling. “As ek nie die mense van Suid-Afrika, en veral die jeug, oor jou waarsku nie, beteken dit ek is glad nie lief vir hierdie land nie,” skryf hy in die brief.

“Jy het die ANC-jeugliga bankrot gemaak. Jy het Limpopo bankrot gemaak. Jy het jouself bankrot gemaak. Nou wil jy, dit wat oorbly van Suid-Afrika, ook bankrot maak,” het McKenzie gesê.

McKenzie sê Malema is soos iemand wat ʼn selfoon van iemand steel en dan nog boonop lugtyd van die slagoffer eis.

Hy sê Malema gaan met arm mense se geld dobbel as hy myne wil nasionaliseer. “Jy wil myne nasionaliseer, maar dit sal baie geld kos. Jy sal geld moet vat wat ons nou moet gebruik om huise en skole vir arm mense mee te bou. Jy gaan met daardie geld dobbel om myne te bou. Nasionalisering is nie houtwerk nie.”

McKenzie sê mens kry twee soorte politici in die land: diegene wat uit die tronk kom en diegene wat nog tronk toe moet gaan. “Jy behoort aan laasgenoemde. Ek was dalk ʼn dief, maar jy is tans ʼn dief. Jy, veral jy, kan nie witmense in die land diewe noem nie.”

Malema het in ‘n onderhoud op Talk Radio 702 aan Redi Thlabi gesê hy waardeer die feit dat McKenzie die brief geskryf het, maar wat hy sê is niks nuut nie. Hy het gesê hy weet nie waarom McKenzie so kwaad is nie.

Klik hier om McKenzie se volledige brief te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Ria Maritz ·

Sê die een dief aan die ander dief.

Maar, ek moet hierdie stelling van hom komplimenteer :
“Jy, veral jy, kan nie witmense in die land diewe noem nie.”

Marie vlok ·

n Paar goed is waar….1. Is dit sus-woorde wat punte kan score? 2. Se hy wat tanne het…dis lekker om n deel van jou skuld met n openbare brief te betaal. (ek gaan nou dadelik een skryf vir die munisipaliteit, belastingmense, petrolstasie….) Jammer, maar ongelukkig nie te vertroue nie; dis maar net n kompetisie om te kyk of elkeen darem n stoel in die parlement te kry.

Christien Kruger ·

Dit is grootmoedig van McKenzie om Malema se ware identiteit uit te lig, hy behoort egter die ANC ook in te sluit wat n grondwet verander om soos in Zim wettig te kan grond gryp.
Dit wil voorkom of McKenzie in begrip is vir die witman se situasie en ook Geskiedenis effens in perspektief het deur te noem dat Malema verkondig dat wittes als van swartes gesteel het.
McKenzie se oop uitkyk op die huidige toestand wil amper n liggie laat aangaan in die donker politieke tonnel waar die afgunstige korrupte Malema haat teen wittes bly aanwakker om vergrype te regverdig.
Dis egter net een mening maar ek stem saam dat wit en swart in Suid Afrika moet begin agterkom Malema is met duiwels werk besig om ons mooi land tot ondergang te dwing.

LINDA ·

Gayton Mckenzie – ek sal vir jou ‘n Bells koop – haal my hoed af vir jou

Babs ·

Kunene en McKenzie in een party? Soos die ketel soos die pot – goed aangebrand. Is daar nog eerlikes onder hulle?

Peter Says ·

Vraag is, hoe eerbaar is hierdie kerel. Mooipraatjies goed en wel, kom ons kyk maar.

Ian ·

Die mense was voor 1994 ook gewaarsku teen die ANC maar het steeds vir hulle gestem. Suid Afrikaners leer slegs wanneer hulle die gevolge van hul besluite op die harde manier aanvoel. Hulle het in elk geval nie die verstand om n ordentlike besluit te maak nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.