Lt.genl. Solomon Makgale, woordvoerder van die polisie, het gesê die Mosambiekse owerheid het twee weke gelede op 124 kg renosterhorings en 1 126 kg ivoor beslag gelê. ’n Chinese burger is intussen in verband met die voorval in hegtenis geneem in Mosambiek. Die geskatte waarde van die renosterhorings en ivoor is R65 miljoen.
Volgens Makgale het die taakspan van SANParke na Matola in Mosambiek gereis en DNS-monsters van al die renosterhorings geneem. Makgale het gesê daar word vermoed dat van die horings aan renosters behoort het wat in die Krugerwildtuin doodgemaak is.
Makgale het gesê die taakspan het tussen Julie 2014 en Mei 2015 altesaam 133 mense in hegtenis geneem in verband met renosterstropery. Hy het gesê daar is minstens 34 mense tussen 2010 en 2015 gevonnis in verband met renosterstropery.
Maar is die horings nie alweer gesteel nie
Wat gaan die dns toetse bewys? Dis tog net SA wat ‘n paar renosters oor het. Meer as duisend word jaarliks gedood.