SA vrou in Kenia betrap met dwelmmiddels

Argieffoto van kokaïen

Argieffoto van kokaïen

ʼn 45-jarige vrou van Suid-Afrika is in Kenia in hegtenis geneem nadat sy glo met kokaïen ter waarde van R1.7 miljoen betrap is, het die SAUK Dinsdag berig.

Die vrou was van Sao Paulo in Brasilië na Cotonou in Benin op pad.

Sy het Maandag in ʼn hof in Nairobi verskyn en eNCA het berig die saak is tot volgende Maandag uitgestel. Volgens eNCA is die vrou Saterdag in hegtenis geneem toe beamptes 4.5 kg kokaïen in haar bagasie opgespoor het. Dit was in haar sandale en skoonheidsmiddels versteek.

ʼn Gesamentlike taakspan van die anti-narkotikaeenheid en buitelandse polisie, insluitend lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens, het haar in hegtenis geneem. Die vrou se uiteindelike bestemming was glo Suid-Afrika.

Sy is die derde Suid-Afrikaanse vrou wat vanjaar vir dwelmsmokkel in hegtenis geneem word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Annemarie Bassonl ·

Goed so….hoop sy sit lank. Enige dwelmsmokkelaar is ‘n potensiele MOORDENAAR!!!

Estelle ·

Hulle is te dom om te leer dat hulle LEWENS verwoes, dit is hoog tyd dat hulle besef om geld te maak uit ander mense se ellende (dwelm misbruik) sal jy nooit voluit gelukkig wees nie! Hoog tyd dat ouers wat met die probleem in hulle huise sit, begin intree teen handelaars (moordenaars)!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.