SAMWU betoog Woensdag in Kaapstad

Argieffoto

Argieffoto

Die stad Kaapstad het Dinsdag ʼn kennisgewing aan inwoners en sake-ondernemings in die middestad van Kaapstad uitgestuur dat lede van SAMWU Woensdag ʼn optog na die Burgersentrum sal hou om ʼn memorandum aan beamptes van die stad te oorhandig.

Die optog sal na verwagting om 10:00 in Keizergrachtstraat begin en dan na die Burgersentrum beweeg.

Die stad het gesê sy wetstoepassers en die Suid-Afrikaanse Polisiediens sal al langs die roete ontplooi word.

“Die leierskap van die South African Municipal Workers Union het ingestem om te voldoen aan die reëls ten opsigte van optogte,” het Xanthea Limberg, burgemeesterskomiteeid vir korporatiewe dienste, gesê. “Hul lede het egter intussen gekies om van hierdie reëls af te wyk. Ons veroordeel die geweld en militante houding deur SAMWU-lede sedert die staking begin het. Alle oortredings soos vandalisme en intimidasie sal binne die wet hanteer word. Alhoewel die vakbond ʼn reg het om te staak, het alle lede wat nie staak nie, en die groter publiek, ʼn reg om veilig by die werk en ander besighede te kom.”

Limberg het gesê die publiek word versoek om voorvalle van vandalisme, geweld en intimidasie dringend by die polisie aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peet Schabort ·

Wyk van die reëls af? Natuurlik! Dis mos lekker om al wat ‘n vullishouer is om te keer en die inhoud rond te strooi.
Oplossing? ‘n Lekker groot slang in elke vullishouer . . . Dan sal daar meer as gewone vullis wees om te verwyder . . .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.