Drie beamptes verbonde aan die maatskaplike sekerheidsagentskap (Sassa) het in die Mkobola-landdroshof in Mpumalanga verskyn op aanklag van bedrog.
Kol. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, sê die saak is tot 5 Mei uitgestel vir verdere ondersoek. Martha Ndala, Maria Ngwane en Martha Thwala is op borgtog van R2 000 elk vrygelaat. Twee van die verdagtes is Donderdag in KwaMhlanga en Ekangala in hegtenis geneem terwyl die derde verdagte haarself Vrydag aan die polisie oorgegee het.
Die vroue word daarvan beskuldig dat hulle gemeenskapslede gewerf het om deur ʼn middelman vir maatskaplike toelae aansoek te doen. “Na goedkeuring het die middelman die kliënt versoek om die nagenoeg R3 600 te gaan trek,” sê Hlathi. Die beamptes het dan glo R3 000 onder hulle verdeel en R600 vir die kliënt gegee.
Kry vir julle alles is mos verniet een skelm vang die ander skelm hoeveel is daar nog wat n mens nie van weet nie. Soek hulle julle sal hulle kry een vir een