Selebi vandag begrawe

Jackie Selebi se kis. Foto: ANC Tshwane / Twitter

Jackie Selebi se kis. Foto: ANC Tshwane / Twitter

Die voormalige polisiehoof, Jackie Selebi, word Saterdag vanuit ʼn kerk in die ooste van Pretoria begrawe.

Roubeklaers het van 08:00 af by die NG Kerk Moreletapark begin saamkom om die verrigtinge by te woon.

Die ANC het reeds aangedui dat hy die begrafniskoste gaan dek.

“Die party het met die familie ooreengekom om comrade Selebi, wat ʼn groot gedeelte van sy lewe deel was van die kern van die organisasie se leierskap, te ruste te lê,” het Zizi Kodwa, woordvoerder van die ANC, vroeër in ʼn verklaring gesê. “Die ANC sal al die kostes dek wat met sy gedenkdiens en begrafnis verband hou.”

Selebi is verlede Vrydag in die ouderdom van 64 oorlede. Hy het diabetes en nierversaking gehad.

Hy is op 3 Augustus 2010 tot 15 jaar tronkstraf gevonnis, nadat hy omkoopgeld van die veroordeelde dwelmhandelaar Glenn Agliotti aanvaar het. Die voormalige hoof van Interpol het in 2011 sy vonnis begin uitdien, maar is binne een jaar op mediese parool vrygelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Gerhard Bezuidenhout ·

Selebi sal onthou word as n krimineel wat bowenal nog 50,000 kriminele in die polisie aangestel het.

Gwen ·

Waarom ag Maroela dit as nuuswaardig? Ek as Maroelaleser kon nie minder omgee oor hierdie korrupte hond nie.

Drieks ·

Pay back the money, waar is die 10 of 20 miljoen wat hy moes terug gee vir sy hofsake.
Zuma en die ANC sal eendag onthou word as die grootse gemors wat ‘ n land kon tref…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.