Ses vas wat glo wou steel

Argieffoto: SAPD / Facebook

Argieffoto: SAPD / Facebook

Ses persone is by Harmony se Kalgold-myn in Noordwes in hegtenis geneem op aanklag van sameswering om te steel, het die polisie in Noordwes Sondag gesê.

“Lede van die Valke en die polisie se reaksie-eenheid het inligting oor die beplande diefstal ontvang,” het kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, Sondag in ʼn verklaring gesê. “Die beamptes het Vrydagoggend omstreeks 03:30 waggehou by Kalgold-myn naby Setlagole toe verdagtes in ʼn wit Ford Courier met registrasienommer HWS029NW by die veiligheidshek opgedaag het. Nog ʼn voertuig, ʼn Mercedes Benz Iveco, het onmiddellik daarna ook by die hek opgedaag. Die lede van die Valke en die reaksie-eenheid het die voertuie voorgekeer.”

Die verdagtes het glo op die polisie begin skiet en hulle het teruggeskiet. “Die verdagtes het van die toneel gevlug, maar twee persone is in hegtenis geneem.”

Volgens Mokgwabone is die polisie se honde-eenheid en ʼn polisie-helikopter ontbied om na die ander vier verdagtes te soek. “Hulle is later in die bosse aangekeer en in hegtenis geneem.”

Niemand is tydens die voorval beseer nie. “Die polisie het beslag gelê op ʼn koperkabel ter waarde van R30 000 wat in die verdagtes se voertuig was.”

Die mans, tussen 26 en 54 jaar oud, sal na verwagting Dinsdag in die Setlagole periodieke hof verskyn op aanklag van sameswering om te steel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Nico ·

“sameswering om te steel”, maar dan moet die hele “regering” tronk toe gaan!! Dit slit almal in wat die laaste 21 jaar “regeer”!

CHRISTA ·

As hierdie koperkabels van kragaanlegte gesteel is moet daar nie net aan klag van diefstal teen die diewe aanhangig gemaak word nie, maar van SABOTASIE, want hulle saboteer ons kragtoevoerstelsel, ons ekonomie en ons veiligheid!!

CHRISTA ·

Wat aan my kommentaar wil julle modereer? Stel hierdie kragonderbrekings nie ons veiligheid in gevaar nie? Alarmstelsels werk nie, verkeersligte werk nie, ons kragtoevoerstelsel werk nie (talle ander industrieë kan ook nie werk nie) – als agv koperkabels wat gesteel word!!

Griki ·

Ja Christa, om nie te praat van die miljoene rande wat Eskom en Telkom, ens verloor agv van koperdiefstal nie. Kom uit die belastingbetalers se sakke.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.