Seun kom op bejaarde ouers se liggame af

'n Onlangse foto van Dolf en Pop de Lange. Foto: Verskaf.

‘n Onlangse foto van Dolf en Pop de Lange. Foto: Verskaf.

Dolf de Lange (67) en sy vrou, Pop (64), se bebloede liggame is Dinsdagoggend in hul meenthuis in Claremont in Pretoria-Wes aangetref.

Die egpaar, jarelange opsigters van die West Side Terrace-kompleks, is glo met ʼn stomp voorwerp doodgeslaan.

Dit kom minder as vier maande nadat Pop en haar dogter, Suzette, van die Kwagga-winkelsentrum agtervolg is en voor die einste kompleks aangehou en beroof is.

Deon en Colette, die egpaar se seun en skoondogter, het op hul liggame in hul slaapkamer afgekom.

'n Ambulans van Best Care op die toneel. Foto: Best Care Ambulance Service / Facebook

‘n Ambulans van Best Care op die toneel. Foto: Best Care Ambulance Service / Facebook

Colette was Dinsdag erg geskok toe sy met Maroela Media gepraat het. “Dit voel so onwerklik. Dit is so sinneloos,” het Colette verslae gesê.

Daar word vermoed dat twee mans Dinsdagoggend tussen 07:00 en 08:00 toegang tot die huis deur die motorhuis verkry het, en die egpaar in hul slaapkamer oorval het.

Hulle was reeds dood toe Deon en Colette omstreeks 09:00 op hulle afgekom het. Die egpaar het sigbare kopbeserings gehad. Deon het dadelik die polisie ontbied.

Sover vasgestel kan word, word ʼn DVD-speler, televisie en die egpaar se voertuig vermis. Die slaapkamer was baie deurmekaar. Die egpaar het vermoedelik terugbaklei toe hulle aangeval is.

Volgens een van die kompleks se werkers het hy die egpaar se silwer Corsa Lite-bakkie, met die registrasienommer POP000GP, omstreeks 08:00 by ʼn verkeerslig in die omgewing gesien.

Dalene Loodts, die huidige opsigter van die kompleks, het aan Maroela Media gesê sy en haar man, Joost, het in Februarie as opsigters by die De Lange-egpaar oorgeneem. “Ons ken mekaar al agt jaar lank. Hulle was wonderlike en vriendelike mense, en altyd behulpsaam,” het Loodts gesê.

Volgens Loodts het sy omstreeks 09:00 in die kompleks rondgestap, toe sy Colette buite die egpaar se huis sien staan het. “Sy was baie ontsteld. Colette het vir my gesê haar ouers is dood en kort daarna toe was die polisie, ambulanse en veiligheidsmaatskappye op die toneel.” Sy het gesê die voorval het haar erg geskok.

Kapt. Tsekiso Mofokeng, ʼn provinsiale polisiewoordvoerder, het die voorval aan Maroela Media bevestig.

“Die polisie ondersoek ʼn saak van moord,” het hy gesê. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie versoek enigiemand wat die slagoffers se bakkie sien, om Crime Stop by 08600 10111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

bitterbekkie ·

My innige simpatie aan die familie en vriende ek hoop die moordenaars word gevang en gehang!

Amanda von Benecke ·

Ek,my man en seuntjie is nou al 2 jaar in Australia en ek vrees elke dag vir my ma,suster, broer en hulle gesinne in Suid-Africa. So sinneloos die moorde.

marietjie ·

nog een, nog een, en nog een, en so hou dit net aan, en die regering gee nie om nie

Debbie ·

ek wens net dit wil ophou my moeder is ook deel van die misdaad syferSSSSS in die land wat net bly groei. Ek hoop hulle word gevang want my moeder se MOORDERNAAR loop nog steeds vry vanaf 1999 !!!! My innige simpatie aan die familie.

Petrus ·

Dit lyk na ‘n kompleks, ek is seker daar is toegang beheer ?

charmaine ·

Petrus, daar is ‘n elektriese hek maar enige een kan in glip as die karre in en uit beweeg. Hulle was my pa se vriende en sy vriendin se suster wat langs haar woon. Dit is net so onnodig! Baie dankie vir almal se boodskappe.

anet ·

Ek is so jammer oor julle hartseer. Die Doodstraf moet weer ingestel word, dit is al wat weer dissipline gaan terug bring in ons mooie Suid-Afrika. “n mens se lewe word net eenvoudig uit gewis. Ek hoop en bid dat die skuldiges so gou moontlik gevang sal word.

Sterkte en berusting aan die Familie

Thea du Toit ·

Wanneer gaan dit einde kry maar niks word aan die wreede aanvallers gedoen nie.Hulle kom mos weg met moord.Dink aan die Oom wat so wreed aangerand is 2 weeke daarna toe sterf hy.

Eben ·

Sinneloos …. so pragtige foto van die mense mens kan sommer sien dit was lieflike mense! Almal moet altyd polisie help soek, wanneer doen hulle dit self. As hulle minder met polisie voertuie inkopies en KFC loop koop en gebruik om huis toe te ry, sal daar voertuie wees om self te soek. Soms wens ek dit gebeur met die regerings amptenare dat hulle voel hoe dit voel vir die wit mense. Sterkte aan hul naasbestaandes.

wanda ·

Ek is so so gatvol ! Die gemors moor en steel nes hulle wil. Tronkstraf benadeel hulle nie..dit benadeel die belasting betaler. Hulle vreet en bly lekker op my rekening en word dan vrygelaat. Dit sal nooit ooit ophou nie! My hart gaan uit na die oom en tannie se kinders.

Letitia ·

Koos Jonker was iemand waarvoor almal wat hom geken het net goed was , hy het aan altzeimers gelei, en sou sy aanvallers nie kon eien nie , dis bitter hartseer vi my , ek het hom van tyd tot tyd opgepas , as sy dogter en man wat ook in n rolsoel is weens n aanval op hom 9 jaar terug waar hy net geskiet is en gelaat is vir dood, wou gaan kuier het. Eks bly die skuldiges is aangekeer , GOD regeer , ere aan Hom!

Letitia ·

Koos Jonker was iemand waarvoor almal wat hom geken het net goed was , hy het aan altzeimers gelei, en sou sy aanvallers nie kon eien nie , dis bitter hartseer vi my , ek het hom van tyd tot tyd opgepas , as sy dogter en man wat ook in n rolsoel is weens n aanval op hom 9 jaar terug waar hy net geskiet is en gelaat is vir dood, wou gaan kuier het. Eks bly die skuldiges is aangekeer , GOD regeer , ere aan Hom!

Heleen Nel ·

Ek se mense moet maar bymekaar staan en wet in eie hande neem…Daar word absoluut niks aangedoen nie, en ons word vermoor vir sinnelose waardes.WAT IS DIE MOTIEF….Defnitief nie roof nie…Hulle pleeg moord…hulle gaan sit in die tronk vir n paar maande , as hulle gevang word, dan kom hulle uit en doen net weer dieselfde.
Hoekom wil hulle nie die DOODSTRAF terug bring nie?????
Alles wat hulle wil he nadat ons alles opgebou,word afgebreek en verniel.Dis hulle kultuur.

Die mense wat vir NIKS VERMOOR word nie..dis baie hartverskeurend…
GAAN MENS DIT NET SO LOS …OF WAT IS DIE OPLOSSING…?????

HEVW ·

Is ons regtig magteloos om hierdie haglike tragedie te beeindig? Daar moet iewers n begin gemaak word. Ons sal verantwoordelikheid moet neem om ons self te beskerm. Die gesindheid gekweek deur gemak en welvaard soos elkeen vir homself en die duiwel vir almal moet eerstens beeindig word. Kleiner hanteerbare gemeenskappe moet geedentifiseer word. Vergaderings moet gereeld gehou word, kundigheid moet verkry word wat strategiee vir elke spesifike omstandigheid uitwerk en vestig. Ons kan nie vir die onwillige regering tot in die ewigheid wag en self niks doen nie. ONS KAN EN MOED DIT DOEN. DIT IS NIE ONMOONTLIK NIE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Trippie ·

Hierdie is net nog ‘n bewys van die regering se onvermoe om misdaad hok te slaan – tog voel ek, dit word juis aangemoedig deur hulle – TOTALE UITWISSING van die Blanke bevolking.

Mense, ek is ‘n voorstander van die doodstraf, MAAR NIE ONDER HIERDIE REGERING NIE !

Hoeveel Blankes sal die doodstraf opgele word, selfs vir ‘n sogenaamde rassistiese uitlating – DINK ASSEBLIEF DAAROOR.

In my hart wens ek hierdie moordenaars alles wat sleg is toe, en nog meer.

Vergifnis vir ‘n moordenaar – NEE, ek dink die tyd het aangebreek, eintlik reeds LANKAL dat ons, onsself moet beskerm MET VUURWAPENS ! Dit hoort nie in jou kluis nie, maar aan jou sy.

Dis jammer en hartseer dat ons heeltyd oor die skouer moet loer, en ons bejaardes wat nie meer in staat is om terug te veg nie – my hart en gebede is met elkeen van julle.

BAIE STERKTE AAN DIE NAASBESTAANDES.

Suzette ·

Trippie is dit met jou eens. Ek stem ook vir die terugbring van die doodstraf, maar nie onder die huidige regering nie. Dan gaan ons met toestemming doodgemaak word. Intussen moet ons maar paraat wees, sowaar nie lekker om heeltyd om jou te kyk nie maar ja… dit het nodig geword.

Sterkte aan oom Daan en tannie Pop se geliefdes. Mag die liefde van Christus julle in hierdie donker tyd omvou en vertroos.

Adri Kuhn ·

Wanneer gaan dit STOP? My broer is ook vermoor, maar dit hou net aan! Vat als maar hkm n lewe neem! Nee regtig “genoeg is genoeg”!

Hartseer, Adri ·

Baie sterkte aan familie, bid vir jul vir krag en vrede! Mag God jul deur di tyd dra! Dit bly maar so onnodig! Daars so baie vrae maar nooit antwoorde nie! Wees sterk en glo geregtigheid sal geskiet, RIP oom Dolf en tannie Pop!

Hiram Horn ·

Dis die plakkerskamp agter daai kompleks. Pta Tuine was een van die rustigste area’s tot die flippen plakkers opgepop het. Kan NIEMAND iets omtrent die plakkers doen nie of moet die gemeenskap ingryp en die plek afbrand??????

Lu ·

en die wereld is bekommerd oor die dodetal in Gaza, hier in Suid-Afrika sterf mense daagliks en ons hou nie eers oorlog nie.

Margaret Greyvensteyn ·

Ons sê liewer niks meer nie. Want dit help nie……Ons sit en wag soos slagskape…Ek glo ons almal het al geliefdes aan moorde afgestaan en wag nog vir antwoorde…???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.