Sewe sterf in Vrystaat-botsing

Argieffoto

Argieffoto

Sewe mense is dood en 12 mense beseer in ʼn botsing tussen ʼn minibustaxi en ʼn motor naby Bethlehem in die Vrystaat.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het op die R26 sowat 30km van Bethlehem af plaasgevind. “Twee van die oorledenes was kinders.”

Volgens Botha is die beseerdes op die toneel behandel voor hulle na nabygeleë hospitale vervoer is vir verdere behandeling.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.