Sewe mans is in Muldersdrift in Gauteng in hegtenis geneem wat aan minstens 22 gewapende rooftogte verbind kan word.
“Tydens die inhegtenisneming het die polisie beslag gelê op drie vuurwapens en gesteelde goedere soos televisiestelle en selfone,” het lt.genl. Lesetja Mothiba, provinsiale kommissaris van die polisie, Donderdag gesê. “Die verdagtes word gekoppel aan ʼn huisroofsindikaat in die Muldersdrift- en Honeydewgebied. Ses van die verdagtes word aan minstens 22 gewapende rooftogte verbind.”
Mooi so SAPS!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! nou sal die teistering van jare seker tot ‘n end kom!
Sorg nou net dat jul verklarings behoorlik gedoen word dat hierdie gemors nie eens borg kan kry nie!
Dankie vir die goeie nuus.