Soektog afgelas na vermiste Kaapstad-man

Taro Spies. Foto: Facebook

Taro Spies. Foto: Facebook

Die soektog na Taro Spies (25), ʼn ervare bergklimmer van Muizenberg, is afgelas. Sy motor is naby Tafelberg gevind.

“Ná uitgebreide soektogte Sondag waarby sowat 50 mense insluitend reddingsklimmers betrokke was, kon ons nie daarin slaag om enigiets te vind nie,” het Brent Jennings, adjunkvoorsitter van die Bergklub van SA, aan News24 gesê.

Spies is op 12 Mei die laaste keer gesien en sy motor is die volgende dag naby Tafelberg gevind. Daar is vermoed dat hy gaan bergklim het.

Jennings het gesê talle gebiede rondom die berg, insluitend gevaarlike terrein, is tydens die soektog gedek, maar het geen resultate opgelewer nie. Reddingspanne, waaronder honde-eenhede, het verskeie dele van Duiwelspiek, die Twaalf Apostels, Oranjekloof in Houtbaai en die laer berghange van Vredehoek gefynkam.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Joe64 ·

Gevoel dat iemand wat goed weet hy klim dalk sy kar by die klim plek gaan los het, hoop daar is goed na die kar gekyk vir vinger afdrukke.
Dink aan die familie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.