Soektog na kleuter wat by kinderpartytjie verdwyn

Sihle. Foto: Verskaf

Sihle Ntuli Foto: Verskaf

JONGSTE: Sihle Ntuli (3) se liggaam is in ‘n visdammetjie op die perseel gevind. Klik hier om meer te lees.

ʼn Soektog is van stapel gestuur na ʼn kleuter wat Saterdagmiddag by ʼn kinderpartytjie in Centurion verdwyn het.

Mynhardt le Roux, ʼn lid van die Wierdabrug-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), het aan Maroela Media gesê die kind is Sihle Ntuli (3).

“Die kind en sy ouers is nie van die omgewing nie. Sihle was by ʼn kinderpartytjie in Slagveldstraat in Rooihuiskraal toe hy omstreeks 12:00 verdwyn het,” het Le Roux gesê.

ʼn Soekgeselskap is tans besig om in die Rooihuiskraal-omgewing na hom te soek.

Sihle Ntuli

Sihle Ntuli

“Die polisie en verskeie veiligheidsmaatskappye is in kennis gestel en help soek. Ons het reeds inligting ontvang dat hy sowat ʼn uur nadat hy vir die laaste keer by die partytjie gesien is, glo alleen naby die Sasol-vulstasie in Maraboestraat geloop het.”

Sy ouers is aangesê om by die huis waar die partytjie gehou is te wag.

Die seuntjie het gips aan sy linkerarm. Hy het ʼn oranje en grys gestreepte hemp aan. Mense wat die seuntjie sien, kan die polisie by 10111 bel.

Die polisie was nie dadelik vir kommentaar beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Salomé ·

Jesus, asb bewaar hierdie seuntjie veilig en laat hy spoedig gevind word!

Bennie ·

Ag nee, ouers moet meer aandag gee aan hul kinders. Hoe kon die seun net so by die partytjie uitstap sonder toesig? Vader bewaar hierdie kind en as iemand hom op getel het, laat hulle die regte ding doen.

Anne-Marie ·

Ek wil ook graag bid dat klein Sihle veilig sal wees en binnekort gevind sal word. Dink ook spesiaal aan sy ouers.

Arina ·

Hoop en bid vir die seuntjie en sy familie dat hy veilig gevind word.

Claudie ·

Hulle sien hom alleen loop maar sal niks doen nie! Plaas hul hom daar gehou het en polisie gebel het!

faith ·

ai hoop di kleintjie is veilig. maar waar was di grootmense iemand moes oplet dat hekke ens toe is

zeta ·

Gan die kinders in die wereld ooit veilig wees???Ouers wees opletend en hou jou kinders naby al dink jy hul sal nooit weg glip nie eenige iets kan hul aandag af trek en hul kan die pad vat. Hoop die seuntjie is veilig mar nogals hartseer dat niemand om al gevind het nie of dat n vreemdeling hom polisie stasie toe gevat het nie.

Paula Van Vuuren ·

Sihle ek hoop jou mamma kry jou gou om jou vastehou en jou te troos !! Die kindjie ly nou ook aan trauma, hy verstaan nie wat aangaan nie. God Bless these people, keep the child safe !

Peet Schabort ·

Kyk mens op Google Earth het hy ten minste 800m gestap tot by die vulstasie. Dit is ‘n digte woongebied en hy is eers by die vulstasie die eerste keer gesien? Se voet !! Hy het ten minste by 25 huise verbygestap plus die padverkeer. Wat hier gebeur het is dat mense wil nie betrokke raak. Dit is té veel moeite om iets daaromtrent te doen. Laai jy hom op soek jy (as verskoning) vir nog groter probleme. Mense (en motoriste) kyk ook net voor hulle soos wanneer dit hulle pas.
Skielik dra hulle oogklappe ook bekend as die “karperd-houding”. Vir diegene wat nie weet, ‘n karperd is ‘n perd wat voor ‘n karretjie ingespan word en met oogklappe weerskante van sy kop sodat hy net voor hom kan sien om te verhoed dat hy vir iets skrik langs die pad en dit hou hom ook makliker op koers. Dit is ook die wat by 4-rigting stoptekens behoort stil te hou maar dan met verstarde (kyk nie links of regs) oë net aanhou met ry hier dwars voor jou verby. Dit is nou die karperde van ons moderne vervoer.

JoeV ·

Nou hoe gebeur dit? Kyk vir boogate en ander holtes opdie perseel.

JoeV ·

Nou hoe gebeur dit? Kyk vir boorgate en ander holtes op die perseel.

Paula Van Vuuren ·

Soos jy sê Peet Schbort, dit is vêr vir ‘n 3 jarige en niemand sien hom nie. Ek ken daardie area en dit is onmoonlik dat hy alleen kon stap. Ek is ‘n moeder en ek weet net in my hart, die sodaninge manspersoon wat hulle saam met die kind gesien het kannie waar wees nie, want nou sien hulle sieklik hier loop ‘n man en kind, maar toe hy alleen was sien niemand hom nie. Shile het by die hek uitgekom, en hy is deur die man ontvoer, en glo my hy sou nie net aanhou stap met die kind nie, en weet as iemand hom betrap is hy in die moeilikheid. Hy is dalk op n taxi weg, en lank nie meer in daardie area nie, hulle moet wyd soek. Ek kan my indink hoe moet die ouers voel, ek bid hulle vind hom spoedig en dat hy veilig is. Sihle is deur trauma en verstaan nie wat met hom gebeur nie.

Marthie ·

Jesus hou asseblief hierdie seuntjie veilig, in Jesus Naam.

Rosa ·

Die seuntjie is vanoggend dood gevind in n dammetjie “pond”.
My gebede gaan uit na hierdie gesien.

hendrina ·

my hart gaan uit na di ouers sterkte ons amal as ouers dink aan jul xxx

Delia ·

Ag Petrus, gaan vang ‘n haan!
Ons ander hoop en bid dat hy veilig sal wees….

Irah ·

Wow Pertus…. Dis ń kind, maak nie saak watter kleur nie. Help seker ook nie om vir jou te herhinner dat die Koningkryk aan kinders behoort nie (ek twyfel of jy die gelowige tipe is). Daai mannetjie sit vandag by Jesus se voete maar jy aan die ander hand gaan nogal sukkel om dit eendag reg te kry….

Heidi v Wyk ·

Asb.. Weet iemand of die kleintjie al gevind is??? Ek bid!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.