Sportminister storm uit TV-ateljee voor debat oor kwotas

Die minister van sport, Fikile Mbalula. Foto: GCIS

Die minister van sport, Fikile Mbalula. Foto: GCIS

Die minister van sport, Fikile Mbalula, het Woensdagaand twee minute voordat ‘n TV-debat oor rassekwotas in Suid-Afrikaanse sport op die internasionale nuuskanaal Al Jazeera se program The Stream om 21:30 begin het, aangedui dat hy weier om aan die debat deel te neem. Hy het die ateljee waarvandaan hy aan die debat sou deelneem, woedend verlaat.

Die debat het toe sonder Mbalula voortgegaan met die ander deelnemers, nl. Kallie Kriel (uitvoerende hoof van AfriForum), Clive Rice (voormalige Suid-Afrikaanse krieketster) en Samadoda Fikeni (voorsitter van die groep wat ‘n studie van transformasie in sport gedoen het). AfriForum sê Mbalula en sy personeel het skynbaar nie die uitnodiging na die debat, waarin die deelnemers aan die debat duidelik aangedui is, gelees nie.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het in reaksie op Mbalula se optrede gesê dat die minister skynbaar nie kans sien om sy rasbehepte kwotavoorstelle tydens ‘n debat voor ‘n internasionale gehoor te verdedig nie. “Die minister se aandrang op kwotas is strydig met internasionale sportfederasies se verbod op enige vorm van rassediskriminasie. Die minister weet dit en daarom weier hy om sy sienings in ‘n debat te laat toets,” het Kriel bygevoeg.

Kriel het aangedui dat AfriForum sal toesien dat Mbalula wel sy kwotavoorstelle internasionaal verantwoord, omdat AfriForum beslis sal voortgaan met sy plan om amptelike klagtes teen die kwotastelsel by die Internasionale Rugbyraad en ander internasionale sportfederasies in te dien.

Intussen gaan AfriForum en die vakbond Solidariteit se onderskeie veldtogte op sosiale media en met petisies volstoom voort om openbare steun teen die kwotastelsel te kry. As deel van AfriForum se veldtog word die publiek gevra om hulle name by amtelike klagtes teen die kwotastelsel, wat AfriForum by die Internasionale Rugbyraad en ander internasionale sportfederasies aanhangig gaan maak, te voeg. Koerant- en radio-advertensies, asook die sosiale media soos Facebook, Twitter en SMS’e word gebruik om die publiek aan te moedig om hulle name per SMS na 45343 te stuur of ‘n petisie te onderteken by www.afriforum.co.za.

Kriel het daarop gewys dat AfriForum ten gunste van sportontwikkeling is, sodat almal, ongeag ras, die geleentheid kan kry om aan sport deel te neem. ʼn Rassekwota-beleid dra volgens Kriel egter nie daartoe by om nuwe spelers te onwikkel nie en benadeel alle sportsterre. “Talentvolle swart spelers word benadeel deur kwotas omdat die geldigheid van hulle opname in die spanne voortdurend onder verdenking is, terwyl kwotas ook talentvolle jong wit spelers van geleenthede ontneem,” het Kriel gesê.

Lees ook:
Publiek sê nee vir sportkwotas
Kwotastelsel vir sport eers op ys
Mbalula se raskwotas vir sportspanne is onwettig
Steun van internasionale sportliggame oor sportkwotas
Sportminister is “Nar van die Week” – VF+
Klagtes teen SA sportliggame wat voor regering se kwotadruk swig
Nuuskommentaar: Gaan SA weer sportisolasie tegemoet weens kwotas?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Marlene Oosthuizen ·

En wat van ons All Black sokkerspan wat so goed presteer mnr Mbalula. Waarom word daar nie ook kwotas toegepas nie? Wonder of minister van sport ooit een dag in sy lewe sport beoefen het.

Elize Grensemann ·

Ja nee hulle sal spore maak want die buitewereld word in die duister gehou oor die “omgekeerde rassisme/apartheid”na 1994!Rugby word gedwing vir kwotastelsel,die wat hard gewerk het en vir Unies en SA speel,verdien om daar te wees!LOS ONS RUGBY!Ons karring nie aan hulle sokker nie!!*Siek!

jacoba Botes ·

Dit kan nie gedoen word nie!!! Ons beveg die kwotastelsel

Jasper ·

In n debat moet jy kan redeneer en logies dink.Mr Fikile en sy trawante het nie hierdie vermoëns nie.
Afrika debatte word word met knopkieries en panga’s gevoer.

Hans ·

Wanneer hulle ‘n klomp bymekaar is is hulle baie sterk, maar alleen is hy te bang om sy man te staan

david ras ·

Ek veg al sedert 1994 in koerantskrywes oor hierdie onderwerp. Ek wil weet: waarom wil Afriforum hulle beswaar wil beperk tot internasionale sportspanne. Liewe Hemel, dis al JARE dat ons skoolseuns op hoerskoolvlak aan hierdie monsteragtigheid blootgestel is. Enkele maande gelede het die Bloubul skole rugby unie se voorsitter op televisie in reaksie op ‘n beswaar van die WP rugby unie, erken dat hulle Bruin speller koop, omdat hulle nie genoeg kwalitieit swart spelers kan kry nie.
Dis mostert na die maal. om beswaar te maak oor Internasionale spanne Kallie–die skade word reeds gedoen op skolevlak—aan KINDERS ! Dink net aan die buitelandse reaksie oor hierdie soort rassisme teen kinders.
Dit is wat die internasionale sportliggame moet weet !
Ek twyfel of daar vreeslik baie reaksie gaan kom oor so ‘n petisie. Van my familie in Brittanje reken dat die beeld wat daardie mense kry is van ‘n klomp juigende, vlagswaaiende wittes op die pawiljoene—–“it can’t be THAT BAD can it ?”
‘n Paar toetswedstryd boikotte kan dalk ‘n heel ander resultaat oplewer……..!.

Riaan V ·

David jammer ek klim toe op jou boikotperd, maar jou stuk het verskyn terwyl ek met myne besig was. :) Ek stem volkome met jou saam hierdie ding moet van “voetsoolvlak” (ANC taal) beveg word ,ook dat die meeste buitelanders sal ook glo dat ons wittetjies maar net kerm omdat ons alles nie meer kan beheer nie. Ek bepleit die boikotaksie al jare lank sedert die ABSA kwota debakel met Maria Ramos en Louis von Zeunert as ek die walglike vent se van reg onthou.

Riaan V ·

Die beste manier om hierdie sotlike kwota-storie die nek in te slaan, is vir Afriforum of ‘n soortgelyke organisasie met die nodige “spiere” om een Saterdag ‘n wegbly (van die stadions af) te organiseer.
Dit moet verkieslik wees wanneer ons teen ‘n buitelandse span speel sodat TV beelde die oop sitplekke kan wys, en die boodskap so die buiteland instuur. Die ANC, SARU, CSA ea skoothondjies moet op die gatsak/beursie geslaan word, dan kan hulle maar kyk waar kry hulle die 60% BETALENDE toeskouers met die regte velkleur. Kyk maar net na spelers wat deur ander lande gewerf word, 90% wit; waarom ?? Is die Japanese, Europese en ander klubs wat ons spelers so “koop” rassiste, of ken hulle talent as hulle dit sien?
WEGBLY BOIKOT is al taal wat die ANC verstaan, tans betaal die 90%? wit toeskouers vir ontwikkeling, ingeryde skoolkinders, soustreinryers by die Unies ens ens. Pawiljoene sonder sitvlakke is die beste protesaksie, borge en TV uitsaaiers sal mettertyd belangstelling verloor EN DAN…..? Ons sportmanne wat dit verdien sal steeds kry wat hul toekom en nog meer,ongelukkig net in ander lande, maar magtag een of ander tyd moet ons optree en die kwotaspook finaal verslaan.

david ras ·

Riaan, ek wil net iets by jou skrywe voeg: Jy praat van voetsoolvlak–wat sou gebeur as net vyf van die voorste hoerskole in Bloubul land se bestuurskomitees saam met die ouers besluit dat hulle kinders nie langer deur hierdie siek stelsel geviktimiseer gaan word nie. Dat hulle nie verder aan die skoleliga gaan deelneem nie, hulle kinders nie langer vir die provinsie se skolespanne beskikbaar is nie, en dat hulle voortaan net vriendskaplike wedstryde teen mekaar gaan speel.

Gaan hulle geskors word ? Deur wie nogal?.. En tog gaan die spel Rugby rustig voort want niemand kan die seuns belet om met daardie ovaalbal te speel nie.

Op internasionale vlak is dit tyd om vir die IRB te se : “you stood up against white apartheid, now is the time to stand up against black apartheid. Stop playing against SA’s political invitation teams”

Hans ·

In ons land gaan dit alles oor kleur, dis hoekom alles duister is, dit gaan nie meer oor gee dit vir die man / vrou wat dit verdien nie. In die ou dae was dit weer die wat geld gehad het se kinders het voorkeur gekry….sal nooit reg kom nie, maar vertrou dat die kwota stelsels heeltemal sal verdwyn soos die ou regime stelselmatig verdwyn.

Fikile Mbalula....man met een breinsel ·

Wie het hierdie idioot met sy een oog as minister gekies? Hulle moet ge”fire” word want hulle het ‘n imbesiel met afwykende idees gekweek.

GV Gould ·

Dit is werklik opbouend om n toegewyde volk te sien en te hoor aanbid . Ons het ook sulke geweldige hoe morele waardes vir ons samesyn en toelating . Werklik lofwaardig . Wanneer is die volgende groot dag van lof en aanbidding ? Ons god was nog altyd net goed vir ons , ek meen ons offers wat ons bring van skooltyd af , geldelike bydraes ens ,ens .RUGBY kan ons nie nou in die steek laat nie .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.