Spur ontken ontlas-bewerings

Die inskrywing wat op sosiale media versprei word.

Die inskrywing wat op sosiale media versprei word.

Spur het in ‘n verklaring bevestig dat ‘n gerug op sosiale media, dat ontlasting in die ribbetjiesmarinade gemeng is en aan wit klante bedien is, onwaar is.

Ene “Smanga Mphephetse Ndukuzabafo” het op talle Facebook-blaaie ʼn inskrywing gemaak waarin hy aanvoer dat mense wat by eetplekke werk, gewerf word om in witmense se kosbestellings te “spoeg” of te “urineer”. Hy beweer ook dat ʼn werknemer van Spur ontlasting in ribbetjiesmarinade gemeng en aan wit klante bedien het.

Spur het intussen uitgevaar teen die bewerings en gesê daar word “higiëniese en bedryfskontrole” uitgevoer en dat die meeste van sy restaurante kringtelevisiekameras in hul kombuise het. “Die inskrywing op sosiale media is ʼn duidelike poging om skade aan die restaurant se handelsmerk aan te rig en moet met die minagting hanteer word wat die blatant rassistiese en ongegronde onsin verdien,” lui ‘n verklaring wat die maatskappy uitgereik het.

Spur het aangedui dat hy regsaksie sal neem teen die persoon “vir die kwaadwillige, lasterlike en valse bewerings wat gemaak is”.

Wimpy het intussen ook sy kommer uitgespreek oor die inskrywing op sosiale media waarin daar beweer word dat ’n werknemer van dié restaurantgroep semen in iemand se ontbyt gesit het. “Franchise-eienaars en hul bestuurders is altyd teenwoordig in ons restaurante se kombuise. Hulle monitor fisies die voorbereiding van voedsel en diensgehalte dwarsdeur die dag, volgens streng, voorafgedefinieerde prosedures wat steekproewe en ‘oor-die-skouer’-monitering insluit,” het die restaurantgroep gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

Danie Minnaar ·

Wel ek het ‘n paar jaar gelede by Wimpy Cornwall in PTA ‘n pakkie suiker gekry wat met ‘n gekoude stukkie kougom toegemaak was nadat dit half gebruik was. Toe ek die persoon in beheer genader het, was sy heel onbeholpe en het aan my verduidelik dat sy nog nie die “management kursus” gedoen het nie. Daar was geen gekwalifiseerde bestuurder of franshise eienaar naby nie. Ek het hulle telefoonnommers versoek, maar net die wimpy se landlynnommer uit haar gekry. Verder was ek nie baie gelukkig met die feit dat daar nie EEN persoon was wat Afrikaans kon praat nie! Dit terwyl 80% + van die klante daar Afrikaanssprekend was. Ons het die hele bestelling net daar gekanselleer en geloop. Sy wou my besonderhede gehad het, maar ek het geweier om dit te verstrek. Die tendens vind ek amper orals – geen personeel wat Afrikaans kan praat nie! Dat dink meeste van hulle nog hulle doen ons ‘n vreeslike guns om ons te bedien – die kliëntediens ding is net nie in die verwysingsraamwerk nie…Ek het nog nooit weer daarna (meer as 5 jaar) weer by ‘n Wimpy geët nie en sal ook nooit weer nie! Groete, Danie Minnaar

Danie Minnaar ·

Wel ek het ‘n paar jaar gelede by Wimpy Cornwall in PTA ‘n pakkie suiker gekry wat met ‘n gekoude stukkie kougom toegemaak was nadat dit half gebruik was. Toe ek die persoon in beheer genader het, was sy heel onbeholpe en het aan my verduidelik dat sy nog nie die “management kursus” gedoen het nie. Daar was geen gekwalifiseerde bestuurder of franshise eienaar naby nie. Ek het hulle telefoonnommers versoek, maar net die wimpy se landlynnommer uit haar gekry. Verder was ek nie baie gelukkig met die feit dat daar nie EEN persoon was wat Afrikaans kon praat nie! Dit terwyl 80% + van die klante daar Afrikaanssprekend was. Ons het die hele bestelling net daar gekanselleer en geloop. Sy wou my besonderhede gehad het, maar ek het geweier om dit te verstrek. Die tendens vind ek amper orals – geen personeel wat Afrikaans kan praat nie! Dan dink meeste van hulle nog hulle doen ons ‘n vreeslike guns om ons te bedien – die kliëntediens ding is net nie in die verwysingsraamwerk nie…Ek het nog nooit weer daarna (meer as 5 jaar) weer by ‘n Wimpy geët nie en sal ook nooit weer nie!
Dieselfde geld ongelukkig vir meeste restaurante – veral die kettinggroepe of franshises.
Groete, Danie Minnaar

Anke ·

Hoeveel van die “eienaars en bestuurders” werk nie dalk saam met die kombuispersoneel nie? Ons sal nooit weet nie…………

Renier ·

En dan noem die wetters ons diere , ek verstaan nie nou nie dalk te dom vir daai een , het self by Spur in Ladysmith KZN gewerk vir baie jare in skool dae en na skool vir ekstra inkomste , nie een keur het so iets op gekom om aan tevang met kliente nie , waar kom dit vandaan en hoekom ??????

Wilma van den Heever ·

Ek glo dit kan plaasvind maar dit is maklik , kom ons wittes boikot al die eetplekke vir n maand , die meeste swart personeel sal sonder werk sit.Dan praat ons weer .

MM Botha ·

Ek dink Spur en Wimpy probeer hulle self net “cover” met hulle persverklarings. Ek was al ‘n paar keer in Spur in Delmas waar daar geen Blanke toesig is om te sien wat die ander doen nie. Dieselfde by Wimpy. Ek sal nooit weer daar gaan eet nie.

Chantelle ·

Hoe weet hulle of dit gebeur of nie, sekerlik is die persoon wat die cctv monitor ook swart, wie het in elk geval tyd om alle beeldmateriaal te hersien? As jy iets wil doen wag jy mos tot hul wegkyk. Die hartseer ding is dat as ons almal ophou om uit te eet sal van hulle takke toe maak en idiote soos hy en sy maatjies sonder werk sit, maar moenie worry nie, hulle sal maar net weer die wit mens blameer, haai shame, niks is mos hul eie skuld nie

Hannetjie ·

Sies vieslik. Kan mens so laag daal. Wys jou hoe word ons gehaat. Dis die laagste ooit.

Annemarie Bassonl ·

George….kry JOU spelling ook reg…dis YOURS. Nou het jy jou naam lekker G@# gemaak!!!!

Leonie ·

Toevallig het ek ook van die stories gehoor. Ons familie en vriende support nou gladnie meer Spur of Wimpy nie. Dis omdat net hulle ook werk kry. Spur het my suster se kind gebel en gesê sy moet haar CV bring vir vakansie werk maar toe sy daar kom toe sing hulle ‘n ander deuntjie. Seker ook omdat sy wit is. Maak my gatvol!!

Bibi ·

Daar is ‘n verklaring uitgereik dat die storie onwaar is en op sosiale media versprei word. Die persoon het blykbaar ook ‘n valse profiel.

Louise ·

Ek het die persoon op facebook gesoek en daar is wel ‘n blad profile vir hom en jy kan sien die een is gemors. Ek sal beslis nie weer by die plekke eet nie.

Mariska ·

Ek het al self gesien hoe n steak by spur op die grond val en weer op die grill gesit word ek het daar gewerk as n kelnerin en sal nooit daar eet nie. ek het ook gesien hoe daar met hande in die kos gepeuter word. as mense maar net weet.

Linda ·

Wilma van den Heever – ek stem saam met jou – boikot die lot

Anita ·

Die genoemde restaurante neem in elk geval nie ons wit kinders in diens nie.

Die kelner wat ons bedien het by Spur praat (skreeu) met sy pel dat die spoeg so spat. ek het die kos terug gestuur, vir die drankies betaal en uitgeloop. El wou nie weer bestel, was bang daar word in my kos gespoeg.

Ag nee wat, ons braai eerder by die huis want die kos EN drankies is baaaiiieeee goedkoper.

Leonie ·

Dis waar Anita. My suster se kind was by die een in Norkem Mall in Kempton Park nadat sy ‘n oproep van hoofkantoor gekry het en dadelik toe sy daar inloop was daar gesê sorry maar daar is nie poste vir vakansie nie en dit nadat hoofkantoor haar verwys het. Duidelik ook omdat sy wit was!

jjobson ·

My 2 TOP EETPLEKKE,SPUR & WIMPY moet asb nie die 2 se naam so beswadder nie. VOLGENDE WEEK IS EK IN DIE KAAP en my 1ste staanplek is voor SPUR- EK WIL SMUL!!!!!!!!!!!!!!

YOLANDA ·

klaar besluit,,, ek sit nie weer my voete in een van die eetplekke,,
waar daar n rookie is,,is n vuurtjie,,,,sal mos heeltyd wonder wat is in my kos.
nee dankie,,,,,,,eet lekker by my huis

Bielie ·

Spur se kos is deesdae so swak, jy sal nie eers die verskil agter kom nie.

Mishka ·

Ek sal beslis die bewerings glo. Was een oggend by ‘n Wimpy in Nelspruit en het omelet met bacon bestel en die bacon het vrot geruik en daar is net skouers opgetrek. Ek was net die oggend nie lus om bohaai op te skop nie en het maar uitgestap. Weet – WRONG!!! Maar na dié artikel wonder ek oor die reukie in die bacon … Geen blanke toesig daar nie …

pop ·

Ek glo elke woord wat daar staan. My kinders het almal al by daai eetplekke gewerk toe hulle nog kon, en die goed wat hulle my vertel het skrei ten hemele. Eerstens is ek aangese om nooit te kla, want hulle smile voor jou en agteraf spoeg hulle in jou kos. Die animals waarvan gepraat word is nie ons nie.

AvraD ·

Wil net noem dat die Spur in Ninapark (noord van die Berg in Pretoria)nie alleenlik wit bestuur het nie, maar ook wit kelners. Verder is daar nie een van die ander ras kleuriges wat nie Afrikaans praat nie. Moms ontmoet jy tot die kok/cheff

Dis ‘n fees om daar te gaan eet met gesellige atmosfeer.

Jan ·

Ek moet hewiglik van jou verskil. Ons bly naby die Spur waarvan jy praat en dis altyd ‘n groot gemors daar. Wittes voel definitief nie welkom nie. Kinders hardloop rond, die kos is swak en mens voel glad nie tuis nie. Baie raserig en luidrugtig . Nee dankie.

snip ·

Julle het vergeet van KFC se rou hoender en Steers se “sorry, chips is out of stock” maar jy betaal vir daardie out of stock chips.

Drieks ·

Dankie Snip, ek ook al 4 jaar klaar met KFC ROU hoender. Walglik in Boksburg , Benonie en Kemptonpark.

Hennie Louw ·

Dis daarom dat ek by geen francises eet nie. Eet by plekke waar die eienaar nog betrokke is. Daar is baie sulke plekke. Wys net hoe kommersieël ons bestaan geword het. Meeste franchise restaurante is daar vir die eienaar om geld te maak. Min kreatiwiteit. Gelukkig is ek nie ‘n ‘mall dweller’ nie en verkies kleiner meer persoonlik besigheidsplekke. Ek besit self ‘n besigheid en my persoonlike stempel stewig op plek.

Marinus De Jong ·

Waar daar so n voorstel gemaak is gaan werknemers by die eetplekke beslis reageer so totsiens aan al hierdie eetplekke gaan van nou af by my huis my vrou se kossies eet!!! Ek glo nie ek is die enigste een wat dit gaan doen nie!!!

Marinus De Jong ·

Klaar gepraat as daar blanke kelners en n blanke bestuurder is VIOLA anders stap ek uit, dit wat nou oopgevlek is gebeur baie beslis

marlene ·

Ons het onlangs by wimpy geeet net om te sien hoe daar deur een van die kombuispersoneel ‘n sluk gevat word van ‘n klient se melkskommel voor dit bedien word.Ons het tafel gehad by die kombuis en dis oopplan.As dit so oop en bloot gedoen kan word,wil ek liewers nie dink wat hulle doen waar die klient niks kan sien ni..sies..

Pieter ·

Die wit kinders is lankal uit Spur en wimpy uitgewerk, jare terug was daar baie wit personeel al 3 my dogters het daar gewerk vir sakgeld ..nou dae sien jy hulle nie

spur sien my ook nooit weer nie

Gerhard Bezuidenhout ·

Boikot hulle doodeenvoudig . Ek was n gereelde Spur klient en toevallig was my twee laaste ondervindings by hulle erg .Ek het meer as duisend ongebruikte punte op my Spur kaart maar gaan dit beslis nie gebruik nie.

Yvonne Askevold ·

Ek dink die meerderheid van lesers wag om te sien of ENIGE vervolging gaan plaasvind … talk is cheap … veral in ons land. Ons het baie meer bewys nodig as n blote persverklaring! Gaan kyk maar na hierdie man se blad … hy gaan rustig voort … nee wat … ons wag in spanning en eet intussen by die huis …

Smiley Van Der Watt ·

Ek weet dat meeste van die eienaars van die eetplekke blanke Suid Afrikaners is maar stel net swartmense aan ek eet glad nie meer by die tipe resturante nie boikot hulle.

Frank ·

Onthou julle nog die McDonalds in Hatfield. Carte Blanche het mos stilletjies kameras geinstalleer en toe verfilm hoe die swart kelners in slegs wit kliente se kos gespoeg het, dalk meer geghop het … Jy moet jou kop laat lees om by enige van hierdie tipe plekke te eet. As jy op die pad is koop eerder biltong, droëwors, melk, neute etc. Die gespoegery en erger gaan al vir jarre aan… Jammer maar jou risiko by ‘n ‘wit’ restaurant is net soveel minder…

Michelle ·

Ek het ook by die Spur gewerk en het met my eie oë gesien hoe die man by die grill ribs op die vuil vloer laat val en net so op die grill sit. Nog iets was dat hulle ys uit mense se glase drankies met hulle hande uithaal om op te vul in ander glase as daar te min ys is. Ek eet defnitief nie daar nie.

Andries ·

Wat die oog nie sien nie, maak die hart nie seer nie. Die mos die wittes se gunsteling eet plekke. ha, ha, ha.

Elsabe Otto ·

Is al jare in restaurantbedryf Geen beeldmateriaal word gemonitor nie. Slegs sitplekke en kliente vir gebeurtelikhede Ja kombuis vir diefstal maar niemand het tyd om te kyk nie behalwe as daar n voorval plaasvind Nee geen waarborg nie. en enigeen sal maklik kan spoeg sonder om gesien te word Hul weet presies tot waar kameras neem. Ek is bevrees hierdie aanklag sal nooit die teendeel kan bewys word alvorens hul nie kos voor jou berei nie. Daar was mos al n voorval op Carteblanch wat een op die slaaikoppe geurineer het. Nee dankie Hier is te veel haat in ons land.

A Liebenberg ·

As ‘n waiter in jou kos wil spoeg sal hulle dit doen.

Kringtelevisie vergesel nie jou bord kos wanneer die waiter dit na jou tafel toe bring nie.

Julle onderskat ons intellegensie totaal. Julle kan nooit se dis alles leuens nie. Jammer maar ek sal liewer nie die kans vat nie, so honger was ek nog nooit gewees nie!

Franscois ·

Persoonlik dink ek net ons moet begin aandring dat alle kombuise ten volle toegerus word met CCTV kamera’s…..of ons boikot hulle net eenvoudig!!! Gelukkig eet ek nie sommer by enige plek nie!!!

Chrisjolus ·

Naruurlik sal die betrokenis alle berugte ontken wat skadelik vir hulle besighede is.
Die skrywe van die persoon soos geplaas op twiter kan egter ook nie geignoreer word nie .
n Onafhanklike ondersoek met video (spycam video ) moet gedoen word on die waarheid of teendeel te bewys.
Hierdie stories gaan nog die vet in die vuur van die eetplekke word .

Heinrich Piek. ·

As ons bewyse kan sien teen betrokke persoon mag ek dit weer oorweeg om Spur te besoek! Andersins sien n Spur my nooit weer nie!!

Willie Olivier ·

Wel, ons eet elke Maandag more breakfast by die Spur in Parys voor ons terug ry Jhb toe. Ek kan net se almal wat ons bedien is ons eie mense en alles is skoon en ordentlik. Ons bestellings is vinnig en bekwaam. Ek kan met vrymoedigheid Parys Spur aanbeveel!!!

Hester Kirsten ·

As Spur soveel kameras in hul kombuis het laat die kliente dan kyk hoe hul kos voorberei word op al die tv’s in die restaurant. As daar in elk geval sport of iets op tv was wat kliente wou kyk sou hul tuis gebly het.

marietjie ·

In Rundu se Wimpy is beslis GEEN TOESIG NIE, EN SOOS IEMAND GESE het, indien daartoesig, is kan hulle dalk nog samwerk ook

Maretha ·

Al hierdie dinge gebeur seker nie net in Spur en Wimpy nie. Ek sal ook 2 keer dink voordat ek iewers weer gaan eet.

Jakes ·

Dis hoogtyd dat ons saamstaan en restaurante ondersteun wat Afrikaanse kelners aanstel. Jy kan mos sommer met die intrapslag sien hoe van die kelners jou eintlik vuilkyk by van hierdie kettingrestaurante. Dan weet jy mos wat gaan gebeur as jy kla oor jou kos wat te koud is of daai biefstuk wat oorgaar is. Ondersteun Afrikaans! Ondersteun die kleiner restaurante waar eienaars die hef in die hand het en beheer het oor hulle ondernemings! Hierdie kettingroep-restaurante boender jou en jou kinders weg en s**t op die klein outjie se kop! (en blykbaar in sy kos)

Gerhard Bezuidenhout ·

Willie Olivier net vir jou inligting , my laaste nare ondervinding was juis in die Spur op Parys!

Andries ·

Maak soos Jakes, kom mense laat ons vir eens en almal saamstaan. Ek gaan om ondersteen 100%

hendrik ·

Ek wil net aan wimpy se dat hulle nou lekker lieg oor die toesig wat in die kombuise gehou word. Ek het n geval aan hulle geraporteer wat 2 uur in die nag by n wimpy one stop gebeur het. Da was geen een wat toesig gehou het nie. Wimpy moet op hou om vir die publiek te lieg.

Boereskot ·

Ek is seker dit is ‘n kwessie van hart, long, po*ph*l en tong vleis in die burgers of enige nader disse wat daar vervaardig word…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.