Stellenbosch-bylmoorde: Marli steeds nie met haar broer herenig

Marli van Breda Foto: Facebook

Marli van Breda Foto: Facebook

Slegs ʼn week nadat Marli van Breda (16), die meisie wat ʼn bylaanval op haar gesin oorleef het, uit ʼn rehabilitasiesentrum ontslaan is, het dit aan die lig gekom dat haar broer Henri (20) glo Klerksdorp toe is.

Sunday Times het berig nie die polisie of Marli se uitgebreide familie wil antwoord hoekom die oorlewende broer en suster steeds nie herenig is nie. Volgens die koerant is Henri glo twee weke gelede Klerksdorp toe waar die polisie sy bewegings fyn monitor.

Die Van Breda-gesin is einde Januarie in hul huis op die De Zalze-landgoed buite Stellenbosch aangeval. Martin van Breda (55), sy vrou, Theresa (54), en hul seun Rudi (22), het aan hul beserings beswyk. Marli is ernstig beseer in die aanval en Henri het ligte beserings opgedoen.

Eikestad Nuus het Vrydag berig dat ʼn verdagte na verwagting binne die volgende twee weke in hegtenis geneem sal word.

Die polisie was tot op hede huiwerig om enige besonderhede oor die saak bekend te maak. Die forensiese ondersoekkenner, Johan Wessels, het gesê een van die redes waarom ondersoekbeamptes soms geheimsinnig oor ʼn saak is, is wanneer die verdagte iemand na aan die familie is.

Lees alle vorige berigte oor die aanval by die De Zalze-landgoed op Maroela Media.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Manie ·

Hoekom sal die Polisie hom dan nou kwansuis fyn Dophou!! Dan klink dit soos asof hy die hoof verdagte in die saak is!
Is hulle dalk bang hy vlug land uit?

Issabelle ·

Manie , ek stem …. dit is tog baie duidelik soos daglig WIE die werklike skuldige een is !! Hy MOES in die eerste plek ge-arresteer geword het & agter tralies gewees het …… Baie duidelik besef hy seker nie wat die polisie se plan is nie ….. ‘n Tweede Griekwastad verhaal hierdie ….

Herman ·

Ja ek stem saam. Waarom eers die verdagte die kans gee om weg te kom. Hy moes lankal in hegtenis geneem gewees het. Ons weet dit. Die “justice system” is deurmekaar sisteem. Ek wonder net wat die polisie se antwoord sal wees as hy uit die land vlug. Daar is niks wat hom keer nie of is hy gese dat hy in die land moet bly. Raaiselagtige en onbetroubare polisie sisteem.

Herman Reynders ·

Dalk bring sy teenwoordigheid sy suster se geheue terug,of dalk word sy eie geheue verfris. In alle geval sal ek sy bagasie baie goed deurgaan as hy van Klerksdorp af terug kom…

Tanya ·

Die broer is in Klerksdorp! wat maak hy daar? hkm het hy nog nie probeer om by sy suster uit te kom nie? Of hy hy is bang sy suster begin “backflashes” kry van al die gebeure. En iets kom dalk uit wat nie moet nie!

Sterkte aan Marli, jy is ‘n sterk mens. Mag die Here jou nog dra deur alles wat vir jou voorle.

Neptunus ·

Bedaar mense, selfs al is julle reg oor die verdagte moet die SAPD steeds die kolletjies verbind sodat die beweringe in ‘n geregshof bewys word. Hou eerder duim vas dat die ondersoek korrek hanteer is en dat ‘n knap staatsaanklaer die verdagte eendag aankla.

chantel ·

Die proses is frustrerend maar as n verdagte in hegtenis geneem word voordat alle bewyse konkreet en bruikbaar in n hof is kan is skuldige op d kleinste tegniese foutjie loskom.Eerder n Langer deeglike ondersoek as n moordenaar wat agv nalatigheid tydens d ondersoek vry uit n hof loop.

Nicolette ·

Mense is soos leeus wat lê en wag en terwyl hul wag spekuleer hulle en naderhand is hul self beter as die speurders. En die koerant sit terug en volg die verhaal wat die lesers skep. Plaas wag hul vir d polisie om die saak op te los en dan raak hul opgewonde met hul teorie dan het julle ten minste feite en nie net spekulasies nie. En se nou die seun is onskuldig gaan julle so vinnig deuntjie verander en d volgende verdagte verdink? Vra maar net

Dave ·

Waarom eindig julle altyd jul briefies met ‘n uiters holruggeryde ‘vra maar net’? Besit julle dan geen oorspronklikheid nie? (hallo Pollie… sê hallo …hallo…hallo…hallo..hallo)

Gideon ·

Hoop nie dit eindig nou weer in ‘n Gert van Rooyen tragedie nie!! Dit lyk vir my die polisie is bang om op te tree!! Het hulle nie hulle les al geleer nie, sommer so onlangs soos Shrien en die Griekwastad gevalle!!

MARTIN ·

HOE MOEILIK KAN DIT WEES OM DIE SKULDIGE SKULIG TE BEVIND?

jannie swart ·

laat die polisie die ondersoek deeglik doen en wag op alle verslae. Eers wanneer daar genoegsame bewyse is,kan arrestasie gedoen word. Laat die speurders hulle werk reg doen en hou op om te spekuleer

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.