Ben Martins, minister van energie, het Vrydag ʼn styging in die petrolprys aangekondig.
Die prys van 93 oktaan petrol sal in Gauteng met vyf sent per liter styg en 95 oktaan petrol met sewe sent per liter.
Die verskillende pryse vir 93 en 95 oktaan word bepaal deur die koste van vervaardiging wat kwartaalliks aangepas word.
Die prys van diesel met ʼn swawelinhoud van 0.05% styg met 8.8 sent per liter en 0.005% met 7.8 sent per liter.
Die prys van paraffien daal met tussen 34.5 en 49 sent per liter. LP-gas daal met 22 sent per kilogram.
“Die pryse sal verskillend in ander pryssones wees,” het Martins in ʼn verklaring gesê. Die prysskedule vir die verskillende sones sal op 1 April gepubliseer word. – SAPA
Ai dankietog. Vir n oomblik gedink die minister is ernstig. Betyds gesnap dis n 1 April grappie. Phew!
Die regering mag nou maar ophou om die ekonomie te probeer vernietig en chaos te saai. Die verbruiker moet net meer en meer belasting betaal op petrol , e tol , tolpaaie ens. Dit is net sodat die vet katte wat in beheer is , net meer kan nors en kattermaai …..iewers moet ons se : Genoeg is genoeg … en dit bedoel …