Suksevolle optog deur Transnet-pensioenarisse

Die Transnet-pensioenarisse Foto: VF Plus

Die Transnet-pensioenarisse Foto: VF Plus

Transnet se pensioenarisse het Donderdag na die Uniegebou in Pretoria opgeruk waar ‘n beswaarskrif aan president Jacob Zuma se kantoor oorhandig is oor die skandalige lewensomstandighede van die pensioenarisse.

Adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor vervoer, het gesê die mense se haglike omstandighede het ontstaan weens die beperkte 2%-verhoging wat die pensioenarisse elke jaar kry terwyl lewenskoste met veel meer styg.

Ongeveer 100 pensioenarisse met ‘n gemiddelde ouderdom van sowat 75 jaar het aan die optog deelgeneem.

“Dit was ‘n unieke gebeurtenis, aangesien dit gewoonlik jonger werkende mense is wat in die strate betoog om hul saak gehoor te kry en nie bejaardes wat uit nood optree nie,” het Alberts bygevoeg. “Die optog sou veel groter gewees het, maar talle kon dit weens ouderdom of geldelike redes nie bywoon nie.”

Alberts het namens die mense die versoekskrif by die Uniegebou oorhandig waarin die president gevra word om in te gryp en toe te sien dat ‘n dringende inspuiting in die pensioenfondse gemaak sodat Transnet se duisende pensioentrekkers ‘n waardige aftrede kan kry.

“Die beswaarskrif stel dit ook duidelik dat ‘n hofsaak van R80 miljard tans hangende is weens die wanbestuur van die fondse,” het Alberts bygevoeg. Dit is die grootse eis in Suid-Afrika se geskiedenis, en sou dit slaag, sal miljarde rande uitbetaal moet word wat die staat en Transnet baie seer kan maak.

“Die pensioenarisse het die VF Plus sowat drie weke gelede gevra om die optog te reël en te fasiliteer. Omdat die VF Plus namens die mense reeds by die parlement betrokke is om oplossings te vind, het ons die versoek toegestaan,” het hy gesê. “Ons is verheug oor die opkoms ten spyte van die mense se ouderdom en ons kan net hoop en vertrou dat die president ag sal slaan op die beswaarskrif. Indien nie, sal ons hom in die hof sien en ons glo die pensioenarisse sal as oorwinnaars uit die stryd tree.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Trippie ·

Baie geluk aan elk van u. Dat mens sowaar op daardie brose ouderdom aan ‘n optog moet deelneem sodat reg en geregtigheid kan geskied !

Dit wil gedoen word.

Daantjie Maartens ·

Mag hul wat jonger van gees en vlees is kennis neem van hierdie 75+ ‘ers. Veel verskonings was aangebied vir die swak Derby Lewis-opkoms.
( Dan weer het die sulks wat net kan sit en kef seker ook n reg op lewe ? )

Cobus ·

Eerste om te skree vir selfbeskikking. Daar moet eers kapitaal uitgelê word vir ‘n intensiewesorgeenheid om die sit en keffers te kan huisves.

Trippie ·

Dan is daar diegene wat nog nie eers 60 is nie,wel gesond is en nie wil werk nie ! Ek verwys GEENSINS na hierdie oud-transnet lede nie !

Trippie ·

Hierdie pensionarisse het GEWERK en IS GEREGTIG op daardie pensioen – hulle het nie by die huis rondgesit en teer op die belastingbetaler nie.

Ria Maritz ·

Hierdie pensioenarisse het hard gewerk en verdien daardie pensioengeldjies. Ten minste het hulle nie rondgesit by die huis en op die belastingbetaler geteer nie.

My verskoning vir nie-bywoning van die optog van Mnr Derby-Lewis is as gevolg van ‘n tekort aan longkapasiteit.

leana ·

Dan is daar diegene wat nog nie eers 30 is nie, en wil le op hul ouers en familie se nekke.

Daantjie Maartens ·

Me Maritz en Trippie,
Stem 100% saam. Stoepsitters en pensioendiewe is niks beter as die alewige keffertjies vd samelewing nie.
PS.
Me Maritz, so jammer om vd longkapasiteit te verneem. Met wandelings op die plaas en voetjies in die koeimis, smaak my is daar groot verbetering te bespeur !!? Ek is bly vir u.

Cobus ·

Wil u nou meer! Bly om te verneem. Wonderwerke gebeur nog vandag. Mediese geskiedenis word herskryf!

Babs ·

Baie dankie aan elkeen wat vandag deelgeneem het aan die optog. Baie dankie aan Adv Anton Alberts en VF Plus vir hulp verleen aan Transnet Pensioenarisse.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.