Kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, het gesê Smnagele Ndlovu (39) is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis terwyl haar suster Thabile Vilakazi (44) tot 20 jaar tronkstraf gevonnis is. Vilakazi het die huurmoordenaar gereël.
Mduduzi Njoko (42) is in Januarie 2012 by sy huis in Umlazi vermoor. Ndlovu het glo vermoed dat Njoko ʼn verhouding met ʼn ander vrou gehad het en moontlik ook met haar wou trou.
Die huurmoordenaar het ʼn staatsgetuie geword. Dit is nie duidelik of hy al gevonnis is nie.