Swanger vrou val uit bewegende ambulans

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Swanger vrou is beseer en haar baba is doodgebore nadat sy in die Oos-Kaap uit ʼn bewegende ambulans geval het.

“Ons het die betrokke twee beamptes geskors,” het Sizwe Kupelo, ʼn woordvoerder van die Oos-Kaapse departement van gesondheid, Donderdag gesê.

Die vrou het in Ntabankulu, naby Mount Frere, uit die ambulans geval.

“Die beamptes het die pasiënt alleen agter in die ambulans gelaai en albei voor gesit,” het hy gesê. “Die deur van die ambulans het oopgegaan en die pasiënt het uitgeval. Hulle het eers ontdek die pasiënt word vermis toe hulle by die hospitaal aangekom het.”

ʼn Motoris het die vrou intussen opgelaai en na die hospitaal gehaas.

“Ons doen die nodige stappe teen die beamptes. Hulle het nalatig opgetree deur die pasiënt sonder toesig te laat en daarom is hulle geskors. Hulle het ook ʼn pasiënt se lewe in gevaar gestel en protokol verontagsaam.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Wonder net.... ·

Hulle het ‘n pasient se lewe in gevaar gestel? Daar was 2 pasiente waarvan hulle die een se dood veroorsaak het!

Etelle ·

Hulle het nalatig opgetree? Wat van die baba wa dood is? Ruk hulle uit hulle onderklere uit!

Waks ·

Sal wee eeue at voor die vrou vergoeding kry en niks sal daai baba wat sy nege maande gedra het terug bring nie. Dit is skokkend klink my hulle was bang vir die pasient kan altwee wragtag voor sit en seke nog nonsens ook praat.

Saartjie ·

Welkom in Afrika! Elke ou vir homself, hier dokter hul jou morsdood!!! Wát ‘n verskriklike skande en “disgrace” is ons hele ou landjie nie.

Ansie ·

Ek self was ‘n B.A.A. Het operasioneel op ambulanse gewerk en nooit ooit mag ‘n pasient gelaai word en alleen gelos word agter nie. Om net te skors is nie genoeg nie. Geld “koop” nie ‘n lewe nie. Die 2 lede moet geskrap word by die HPCSA (Health Professional Council of South Africa). Hulle mag nooit weer as medics werk nie, nie eens in ‘n oue te huis om vuil beddegoed te verwyder nie. Dankie aan die motoris wat probeer red wat te redde was. Ware samaritaan.

Eunice ·

Ek sal vir hulle dagvaar vir als wat hulle het,daai arme ma hoe moet sy voel nou is ha baba van ha ontneem,net omdat hulle nie hul werk reg doen nie.nee ek is jammer as dit ek was,was daar groot moeilikheid.

Theresa ·

Geskors!! Gee my krag!! Dis summiere afdanking. Wat wil jy nog meer hê? Jy noem die reëls op wat hulle oortree het. Daar is ‘n onskuldige mensie dood. Ek sal die beamptes laat aankla. Julle sal nie kan sit as ek klaar is met julle nie. Patete. Kan niemand hulle blerrie werk reg doen vandag nie en onskuldige mense moet boet vir julle idiotiese optredes.

Yolanda Jooste ·

Mpho en sy vriend het seker die ambulans gery…..dit is verskriklik. Daardie verlies van daardie vrou se kind, maak nie saak wie of wat nie, dit is ‘n lewe. Hulle moet opgaan vir moord.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.