Tiener by straatren doodgeskiet

Argieffoto.

Argieffoto.

ʼn 15-jarige seun is Saterdag in Durban tydens ʼn onderonsie met die polisie by ʼn onwettige straatren doodgeskiet.

Kol. Jay Naicker, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie is na Inanda ontbied nadat hulle klagtes ontvang het van ʼn onwettige straatren by ʼn taxistaanplek.

Hy het gesê ʼn groep van nagenoeg 200 deelnemers en toeskouers het daarna op die polisie toegesak.

“Skote is geskiet en die seun is in die wang getref. Hy het aan sy beserings beswyk,” het Naicker gesê.

Naicker het nie gesê wie die skote gevuur het nie, maar die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) is na die toneel ontbied om die skietery te ondersoek.

Die situasie in die gebied was Saterdagaand gespanne. Die openbare ordepolisie het die situasie dopgehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Piet Pompies ·

Ek verstaan dat motordiewe van die geleentheid gebruik maak om duur spogmotors wat gesteel is stukkend te ry. Geen waarde work gekoppel aan die voertuie omdat dit gesteel is. Die feit dat die polisie bestorm is wys net weer die misdaad / geweld element.

Janine N ·

15jariges hoort TUIS. Beslis nie waar die Polisie gestorm en aangevat word nie. Ek het wragtig GEEN simpatie nie!

Francois ·

Eina..totdat dit jou 15 jarige is. Hy kon n onskuldige toeskouer gewees het. Ons almal het maar ons pret gehad op daai ouderdom. Vandag se tye is anders maar die dood is n duur prys om te betaal…

Pierre Celliers ·

As jy saam met 199 ander op die polisie toesak moet jy weet wat om te verwag.

Charlene ·

Ek kan ook nie die kind jammer kry nie (die ouers wel) maar die posisie gaan nou weer soveel moeilikheid kry oor hulle `n arme onskuldige bloeisienkie geskiet het! Jammer maar as jy vir moeilik kry moet jy maar weet jy gaan dit kry. Ek hoop en bid eerlikwaar nie die polisie gaan nou weer die spit afbyt vir ongemanierde balhorige kinders nie.
Francois ek het ook my pret gehad maar ek het my plek geken en geweet ek moet my nie ophou met onwettige goed nie, en dis dalk hoekom ek vandag respek het vir ouers mense, vir my medemens, hoekom ek vandag weet `n onwettige staat ren is nie `n plek om te wees nie. Simpatie aan die ouers maar ek voel nie veel vir een van daai arme siele wat daar was nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.