Tim Noakes verander deuntjie oor suiwelprodukte

Argieffoto

Argieffoto

Prof. Tim Noakes het die status van suiwelprodukte verander van “alles wat jy kan eet” na “eet met omsigtigheid” nadat verslankers gekla het hulle verloor nie vinnig genoeg gewig nie, het die Sunday Times berig.

Volgens die berig het Noakes erken dat room en jogurt verwyder is van die sogenaamde groenlys op die Real Meal Revolution-webtuiste. Noakes het aan die koerant gesê die veranderinge is aangebring deur die medeskrywers van die boek Sally-Ann Creed, Jono Proudfoot en David Grier. Die produkte was egter ʼn week later terug op die groenlys.

Creed het aangevoer dat verslankers moontlik te veel suiwelprodukte inneem. Volgens die koerant is Noakes en sy span besig om ʼn mediaverklaring voor te berei om enige verwarring uit die weg te ruim.

Daar is ook ʼn kennisgewing op die webtuiste aangebring: “Ons het bevind dat sommige mense aansienlik meer gewig verloor indien hulle suiwelprodukte uitsny. Ons het suiwelprodukte op die groenlys gelos maar jy sal jou gewigsverlies en inname van suiwelprodukte moet monitor.”

Dieetkundiges het intussen die kommer uitgespreek dat ‘n vermindering in suiwelprodukte sal lei tot ‘n laer inname van noodsaaklike voedingstowwe, het die koerant berig.

Noakes het homself beide lof en kritiek op die hals gehaal vir die sogenaamde “Noakes-dieet”, ʼn laekoolhidraat-, hoë-vet-dieet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

EMK ·

Ja Noakes, nou moet jy weer bontspring want jou sg wonderdieet is GLAD nie so wonderlik nie. Ja ek hoor mense verloor so gewig maar wie weet wat se ander skade word dalk aan jou gestel gedoen – dit sal eers na jare gesien kan word as jy skielik allerhande siektetoestande kry.Mens kan nie as iets nie oor ‘n BAIE lang tydperk ordentlik getoets is op verskillende mense sommer aanvoer dis nou DIE beste dieet nie. Oor ‘n paar jaar het hy seker weer ‘n ander wonderlike dieet en dan is hierdie een weer nie die beste antwoord en dan skryf hy weer ‘n boek.. Ai tog, mens moet alle soorte kos inkry en klaar, jou liggaam is so saamgestel. Iemand gaan een of ander tyd sleg afkom na hulle hierdie dieet gevolg het en dan? Eet liewer outydse gewone boerekos soos ons ouers – en werk hard, oefen gereeld en soos ons voorgeslagte sal niemand oorgewig wees nie. Mense eet te veel gemorskos, drink te veel koeldrank en drank en lê voor die tv en dan as hulle kilogramme oorgewig is wil hul skielik ‘n blitsdieet hê wat jare se misbruik moet regruk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.