Trein ontspoor in Kaapstad

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Trein het Donderdagmiddag naby Brackenfell-stasie in Kaapstad ontspoor.

“Die trein het nie aan die brand geslaan nie,” het Theo Layne, woordvoerder vir die stad se brand- en reddingsdiens gesê. “Die trein het ontspoor en gras langs die trein het aan die brand geslaan weens die vonke.”

Die trein het omstreeks 14:00 ʼn aansluiting tussen twee platforms verlaat.

Geen beserings is aangemeld nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.