Trokdrywer in hof ná egpaar se fietsry-tragedie

Clayton en Sonnica Kensley. Foto: Facebook

Clayton en Sonnica Kensley. Foto: Facebook

ʼn Vragmotorbestuurder sal na verwagting Dinsdag in die hof verskyn in verband met ʼn voorval waartydens ʼn Baaise egpaar van hul fietse af gery en die vrou dood is.

Ao. Alvin Labans, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die 39-jarige vragmotorbestuurder sal teregstaan op aanklagte van dronkbestuur en strafbare manslag.

Clayton (29) en Sonnica Kensley (31) het Maandagoggend op die Rocklands-pad naby St. Albans in Port Elizabeth fiets gery toe hulle deur ʼn vragmotor getref is. Die voorval het omstreeks 09:15 plaasgevind. Die vragmotorbestuurder het van die toneel gevlug, maar is deur die polisie vasgetrek.

Die egpaar, wat in Greenshieldspark woon, het ernstige beserings opgedoen. Sonnica is per helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer waar sy later aan haar beserings beswyk het. Clayton is ook na ʼn hospitaal geneem vir behandeling en is reeds ontslaan.

“Woorde kan nie die pyn beskryf wat ons voel nadat ons jou vandag verloor het nie, Son. Dankie dat jy my broer liefgehad het, die goedgesinde en sagte manier waarop jy dit gedoen het en dat jy so ’n wonderlike persoon was. Jy sal gemis word en vir altyd in ons gedagtes wees,” het Kim Kensley op Facebook geskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

debbie ·

ja nee sal seker weer wegkom met ‘n ligte flippen boete en vonnis :(

snip ·

So hartseer, dat dit wat hulle moes geniet het nou hulle lewe verander het en dit deur n dronk onbevoegde akker.

Padgebruiker ·

Nie lekker om te lees nie. Ongelukkig het ek vele fietsryers gesien die afgelope naweek wat op besige paaie langs mekaar ry. Hoekom doen fietsryers dit? Toe ek die toeter druk om die ouens te waarsku ek kom aan, is ek allerhande hand tekens terug gewys.

Heleen du Plessis ·

Nog ‘n tragiese voorval, ek voel baie jammer vir die familie. Indien daar fietsryers is wat hierdie kommentaar lees, wil julle nie asseblief ophou om grys, donkerblou en swart hemde te dra nie? Dit maak dit baie moeilik om julle raak te sien, veral op ‘n lang afstand. Dink daaraan om helder pienk, oranje, geel ens. te dra!

Christanam ·

Ek dink nie in die geval was dit moeilik om hulle raak te sien nie, die bestuurder van die trok was so dronk soos ‘n spook, maar ek verstaan wat jy bedoel. Veral as dit donker begin raak,
My gedagte en gebede vir haar ouers, familie en haar man. Ek wens ek kon die seer wegvat.

THEA SWART ·

ek stem ook vir sienbare klere vir fietsryers – ek kom vroeg werk toe as dit nog donker is en die fietsryers wat naby die fonteine ry is soms onsigbaar party van hulle het wel ligte op hulle fietse maar een oggend was daar ‘n fietsryer was se fiets gebreek het en hy stoot sy fiets terug sonder enige lig – asb julle ek het simpatie vir julle maar help ons kar-bestuurders om julle ook te kan sien

Elize ·

Weereens n trok betrokke. Ek wonder hoeveel ongelukke net in April veroorsaak is deur trokke en busse? Om nie eers te praat van Taxi’s nie! Kan die Minister van Vervoer nie agterkom dit is die grootste gevare op die pad nie? As die owerhede meer klem le op die tipe vervoer is ek seker sal die dodetal sal drasties daal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.