Twee oud-Kovsies eis R1 miljoen van rektor

Cobus Muller en Charl Blom Foto: all4women.co.za

Cobus Muller en Charl Blom Foto: all4women.co.za

Cobus Muller en Charl Blom, oudstudente van die Universiteit van die Vrystaat (UV), eis skadevergoeding van R1 miljoen van prof. Jonathan Jansen, rektor van die UV, en die universiteit.

Die partye is twee weke gegee om die eis uit te betaal. AfriForum Jeug se regspan het ’n eisbrief op prof. Jansen beteken. Dit kom nadat Muller en Blom verlede jaar van poging tot moord aangekla is, maar deur die hof asook die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie onskuldig bevind is.

“Muller en Blom is sonder prosedure of verhoor van die kampus verban en geen geleentheid gegun om hul kant van die saak te stel nie. In hierdie tyd is hulle openlik uitgemaak as misdadigers. Hulle kon nie hul nagraadse studies voortsit of hul gradeplegtigheid bywoon nie,” sê Henk Maree, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug.

Die oudstudente eis R500 000 elk vir die vermoënskade en injuria wat hulle gely het. Dit sluit verkwiste uitgawes, vertraagde toetrede tot die arbeidsmark en ’n aantasting van hul menswaardigheid en reputasie (dignitas en fama) in.

Die eisers beroep hulself op Artikels 9 (Gelykheid), 10 (Menswaardigheid), 29 (Onderwys) en 33 (Regmatige en Billike Administratiewe Optrede) van die Grondwet.

“Persone in magsposisies moet verantwoordelik en onpartydig optree. Twee studente se toekoms kan nie die prys vir politieke gewin wees nie, daarom is dit vir ons van groot belang as jeugorganisasie om Muller en Blom by te staan,” sê Maree.

Indien die eisbedrag nie binne die twee weke betaal word nie, sal ʼn dagvaarding teen prof. Jansen en die UV uitgereik word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Hentie ·

Onthou asb die rekening is vir Jansen en nie vir die belastingbetaler se sak nie!!!!!!!!!

thea ·

alle sterkte ek hoop van harte dat julle dit wen, so moeg dat ons blankes altyd as die slegtes uitgemaak word

Bruno Stef ·

MOOI looi hom tot by daantjie in die kalwerhok dit gebeur maar as jy dikvellig is en misbruik van jou gesag maak.Laat dit vir jou n les wees Jonathan.

nelda ·

thea, ek dink nie dit gaan hier oor kleur nie, dalk moet jy weer die berig lees?

Dave ·

Jý is die een wat weer moet lees nelda. En lees stadiger met jou wysvinger op elke letter en spreek dit hard uit. Dit behoort jou net miskien te help om die talent te ontwikkel om tussen die lyne òòk te lees. As jy nie met jansen en sy aanvalle op blanke Suid Afrikaners bekend is, sal jy verder terug moet begin lees.

Swanna ·

STEM!. Die bedrag is te min en almal wat besluit het oor die skorsing moet saam betaal. Dit is nie net Jansen alleen nie, daar is ‘n hele spul van hulle. Ek dink persoonlik moet hulle ook sommer afgedank word!

Jan ·

Ek dink die bedrag is te klein as in ag geneem word die verlies aan inkomste wat die klad op hulle naam gaan meebring!

Gerhard Bezuidenhout ·

Jansen moes lankal in die bek geruk gewees het want sy rassisme kom n langpad . Ek stem saam , gee hom vet.

Lindie Lourens ·

Jammer Prof Jansen, dat ander so min van u dink. Die indruk wat jy op my gemaak het, toe ek jou die eerste keer as opvoeder ( Blanke )by ‘n onderwysseminaar, by Goudini Spa, ontmoet het ,bly by my. As jy minister van onderwys was, was ek dalk nog in die onderwys.
Ek weet nie wat alles met die boonste 2 here gebeur het nie, maar waar ‘n rokie is,……
Sterkte, Prof Jansen. Jy’s een uit ‘n duisend. Een fout ( genoem in berig ) of beslissing kan enigiemand oorkom. Jammer dit het met jou gebeur, Jy weet wat reg is en streef daarna , anders het jy intussen verander en dit kan ek nie glo nie. Jy is té standvastig.

Chris ·

Lindie.Hoekom is jy uit die onderwys uit ,dalk ook rassisme?Praat is maklik Zuma is tot self aan die Afrikaner se kant en so neutraal nes Jansen .Hulle dade spreek egter die teendeel.

Kaaiman ·

Van harte hoop ek dat Prof. Jansen die eerbare weg volg en die eis betaal. Hy het tog kennelik
die fout gemaak met sy optrede. Ek het nog altyd baie van hom gedink, en deur te erken dat jy verkeerd was, kan baie van jou karakter wys. Dit bly egter ‘n hartseersaak vir die twee studente; hulle is werklik te na gekom – dit is bewys. Maar die skade is enorm. Dit is altyd vir
my onaangenaam om as oud-Kovsie van hierdie tipe goed te lees.

Ouman ·

Verstaan dat die sogenaamde benadeelde nie die mas kon opkom sover sy studies betref het nie. Dagvaar hom ook

"hACKER" ·

Mnr Gwebu is hierdie jaar toegang tot die UV geweier weens sy gebrek aan akademiese vordering. Die agbare rektor het die woord van ‘n iemand wat nie eers op universiteit hoort nie, onvoorwaardelik aanvaar, teenoor die woord van 2 akademiese preteerders wat ten minste hul grade in die voorgeskrewe tyd voltooi het. G’n wonder die studente noem die man die “rektum”. Oom Jonny moet maar betaal.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.