Twee sterf toe taxi in hulle inploeg

Twee persone is dood toe 'n taxi by die taxistaanplek in Vereeniging in hulle ingeploeg het Foto: ER24

Twee persone is dood toe ‘n taxi by die taxistaanplek in Vereeniging in hulle ingeploeg het Foto: ER24

Twee persone is Vrydagmiddag by ʼn taxistaanplek in Vereeniging, Gauteng, dood toe ʼn taxibestuurder glo beheer verloor het oor sy voertuig en in hulle ingeploeg het.

“Die taxi het die voetgangers by ʼn stalletjie langs die taxistaanplek in Uniestraat getref,” het Pieter Rossouw, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Die man en vrou is op die toneel dood verklaar.”

Volgens Rossouw is die stalletjie ook verwoes in die ongeluk.

Plaaslike owerhede stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

CHRISTA ·

Die minibus taxis het mos “free reign” op ons paaie. DOODSKISTE OP WIELE!!!

Asjas ·

Moor hulle nou al hul mense nog VOOR hulle hul in die doodskiste laai?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.