Foto’s: Twee vas ná skietgeveg op N1

Foto: @kingkarl69 op Twitter.

Foto: @kingkarl69 op Twitter.

Twee verdagtes is in hegtenis geneem na ʼn skietgeveg met die polisie op die N1 naby die Buccleuch-wisselaar.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn groep mans in ʼn VW Golf het ʼn vragmotor wat sigarette vervoer het, by die Glen Marais Mall in Kempton Park beroof. “Die bokse met sigarette is in ʼn Quantum-bussie gelaai waarna albei voertuie weggejaag het. Die polisie is in kennis gestel en het ʼn beskrywing van albei voertuie ontvang.”

Volgens Dlamini het polisiebeamptes die Golf van Rabie Ridge na Ou Pretoriaweg agternagesit waar ʼn skietery tussen die verdagtes en die blitspatrollie uitgebreek het. “Die verdagtes het uit die Golf gespring en ʼn ander voertuig probeer kaap. ʼn Polisiehelikopter het intussen op die toneel opgedaag en die verdagtes het te voet gevlug. Twee van die verdagtes is in hegtenis geneem.”

Dlamini het gesê niemand is tydens die voorval beseer nie. Die polisie het op ʼn R5-aanvalsgeweer beslag gelê. “Die verdagtes wat met die Quantum gery het is steeds soek. Sigarette ter waarde van nagenoeg R30 000 is gesteel.”

Die twee verdagtes sal binne 48 uur in die Kempton Park-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ken ·

Ja nee kyk, dit gaan rof in hierdie land van ons!! Waar’s ou Adriaan Vlok nou om wet en orde te handhaaf?!! :-)

Leeutjie ·

Op die nuus was die kommentaar dat elkeen wat sy vuurwapen ingee ‘n fluitjie sal kry wat hy kan blaas! hehehe…. Red nou ‘n volk met so ‘n nasie!

Eduard ·

Lekker R5-aanvalsgeweer is aan die poelisie uitgerol. Maar jy sal nooit ooit hoor waar die wapens vandaan kom nie. die res is seker van al die wat ons moes trug gee.

Anton ·

En nou wil hulle alweer die wet verander die wapens wat ingehandig was is seker nou almal uit gedeel nou soek hulle weer meer wapens om uit tedeel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.