Twee vas vir moord op Limpopo-polisieman

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

Twee mans is in Limpopo in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn polisiebeampte van die Modimolle (Nylstroom)-polisie, wat nie aan diens was nie, met ʼn skerp voorwerp doodgesteek het.

“Konst. Stanley Mokonyane van die openbareorde-polisie was na Malamulele ontbied om vrede en stabiliteit te handhaaf,” het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, Sondag gesê.

Daar word vermoed dat die twee mans Mokonyane aangeval het nadat hy ʼn ontmoeting met twee sekswerkers by ʼn bekende hotel in Thohoyandou gehad het. “Die verdagtes het hom twee keer in sy bors gesteek. Hulle het sy selfoon en beursie gesteel en te voet gevlug.”

Die voorval het Donderdag plaasgevind.

Die twee verdagtes, onderskeidelik 21 en 25 jaar oud, is Saterdag in hegtenis geneem nadat Mokonyane se selfoon in hul besit gevind is.

Hulle sal na verwagting Maandag in die Thohoyandou-landdroshof verskyn op aanklagte van moord en roof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.