Uitslag van e-tolpeiling glo kommerwekkend

E-toll logoʼn Opname onder padgebruikers het aan die lig gebring dat 80% van mening is dat die e-tolstelsel se administratiewe diens “baie swak” is.

Die Suid-Afrikaanse Kamer van Handel en Nywerheid (SAKHN) het Dinsdag gesê meer as 6 000 padgebruikers het aan die opname deelgeneem om insette aan die e-tolondersoekpaneel te verskaf. Slegs 0,8% van respondente het aangedui dat die e-toldiens “goed” was, en 0,3% het gesê “baie goed”.

In die kommentaargedeelte van die opname het die woorde “nie betaal” 585 keer voorgekom. “Nog nooit betaal nie” het 192 keer voorgekom, en “weier om te betaal” 72 keer.

Neren Rau, uitvoerende hoof van die SAKHN, het in ʼn verklaring gesê die uitslag van die peiling is kommerwekkend. “Probleme duur voort ondanks die noemenswaardige tyd en hulpbronne wat reeds aan die stelsel spandeer is,” het hy gesê.  “Die SAKHN is steeds van mening dat ʼn brandstofheffing die mees doeltreffende meganisme is om die uitbreiding en instandhouding van padinfrastruktuur te finansier.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Nina ·

Brandstofheffing? (Terloops, wat maak julle huidiglik met al daai geld??)Goeie FLOK! Ons betaal reeds ten duurste daaraan, net sodat JULLE kaders in luxury kan leef. Idioot. Als val uitmekaar; paaie, dorpe, stede. ALLES. Als verdwyn mos sommer so tussen neus en oge, en niemand weet waar miljoene rande heengaan nie. CLOWN COUNTRY.

Petrus Swanepoel ·

Ons woon in Nelspruit en het ‘n troue in Muldersdrift bygewoon. Kry ‘n e-Toll rekening wat wys dat ons in ‘n bestek van 11 minute op die N12, die N3 en N1 gery het, koste R178-00. Sal graag die spoed rekord amptelik wil laat aanteken. Dit is tyd dat die regering in sy bek geruk word, dit kom voor asof hulle die volmag het om allerhande kostes te hef om die geldkoffers te vul, spoedkaartjies, ESCOM, TELKOM. My e-Tol rekening is foutief en het in die asblik beland.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.