Valse aantygings teen SAL-voorsitter versprei 

Argieffoto

Argieffoto

Dudu Myeni, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL)-raad, was die slagoffer van ʼn slenter met ‘n vervalste buitelandse bankrekening in ʼn poging om haar afgedank te kry, het verskeie Sondagkoerante berig.

Vervalste dokumentasie oor bankrekeninge wat glo aan haar behoort is aan verskeie amptenare uitgelek. Die dokumentasie hou glo verband met bankrekeninge by die BNP Paribas-bank in Parys en Bank Austria in Wene, met gesamentlike fondse van sowat R240 miljoen.

“Die owerhede is bewus van die slenter,” het George Van Niekerk van Edward Nathan Sonnenbergs aan die Sunday Times gesê.

Hy het gesê die regsfirma is deur die SAL se direksie gevra om die oorsprong van die vervalste bankstate en ander dokumentasie te ondersoek.

Albei die betrokke banke het bevestig dat die rekeninge vals is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.