Verdagtes vas oor renosterstropery, diamante

Argieffoto

Argieffoto

Twee vermeende renosterstropers is by die Groblersbrug-grenspos tussen Suid-Afrika en Botswana in hegtenis geneem.

“Twee verdagtes is by Groblersbrug in hegtenis geneem,” het kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, Sondag in ʼn verklaring gesê. “Die verdagtes wou renosterhoring en ses diamante verkoop.”

Otto het verduidelik die verdagtes is in hegtenis geneem nadat lede van Lephalale se veediefstaleenheid ʼn wenk ontvang het. “Die twee verdagtes, oorspronklik van Zimbabwe maar wat tans in Botswana werk, het onwettig die land betree om die items te verkoop.”

Die polisie stel ondersoek in om die oorsprong en waarde van die items te bepaal. “Die mans sal Dinsdag in die Mokopane-landdroshof verskyn.”

Intussen is vier vermeende renosterstropers in drie voorvalle by Lulekani buite Phalaborwa in hegtenis geneem. “Die polisie het beslag gelê op vier jaggewere, ammunisie, byle, selfone en kontant.” Otto het gesê die verdagtes het in die Phalaborwa-landdroshof verskyn. Samuel Nxolani Mabunda (31) en Climate Mathebula (27) is vrygelaat op borgtog van R1 500 elk en Chester Malungane (28) is vrygelaat op borgtog van R1 000. Die mans moet weer op 5 Junie in die hof verskyn. Eric Mandlazi (35) bly in aanhouding. Hy moet op 30 April weer in die hof verskyn om aansoek te doen om borgtog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

CHRISTA ·

Ek hoop hulle gaan weer by die hof opdaag en nie wegraak nie!

scalla ·

Smokkelaars van zimbabwe en tans van botswana met geen vaste adres op borgtog, lagwekkend

At ·

Lees weer scalla, daardie twee was nog nie eers in die hof nie man, shame. Die ander drie in die berig is op borgtog vrygelaat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.