Vermeende plaasaanvallers se saak oorgeplaas na hooggeregshof

Argieffoto

Argieffoto

Die saak teen twee mans van Mpumalanga wat boere in die Malalane-gebied geteister het, is Vrydag na die hooggeregshof oorgeplaas.

Siyabonga Masilela en Ndumiso Mahlalela het in die landdroshof in Tonga verskyn, het ʼn Sapa-korrespondent berig. Hulle het vroeër onskuldig gepleit op nege aanklagte insluitend moord, poging tot moord, huisbraak, diefstal, roof met verswarende omstandighede en die besit van ongelisensieerde vuurwapens.

Die hof het gehoor dat sewe van die dossiere na ʼn hooggeregshof oorgeplaas sal word.

Die twee se aansoek om borgtog is vroeër afgekeur nadat die ondersoekbeampte getuig het dat hulle ʼn gevaar vir die publiek inhou.

Masilela is op 13 Februarie in hegtenis geneem en Mahlalela op 13 Maart. Landdros Sibonisiwe Sibuyi het die saak tot 22 Augustus uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.