Vermiste Centurion-kleuter dood aangetref

Sihle Ntuli Foto: Verskaf

Sihle Ntuli Foto: Verskaf

Sihle Ntuli, die driejarige kleuter wat Saterdag tydens ʼn kinderpartytjie in Rooihuiskraal in Centurion verdwyn het, is Sondagoggend dood aangetref.

“Sy ouers het ons in kennis gestel dat hy in die visdammetjie aangetref is,” het Mynhardt le Roux, ʼn lid van die Wierdabrug-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), aan Maroela Media bevestig. “Hy het verdrink.”

Volgens Le Roux het hulle Saterdagmiddag inligting ontvang dat Sihle saam met ʼn man in sy 20’s gewaar is en die vermoede was dat hy saam met dié persoon na sy ouma se huis toe gestap het. “Ons was gisteraand by die ouma se huis, maar sy het gesê hy is definitief nie daar nie.”

Die ouers het lede van die GPF vroeg Sondagoggend in kennis gestel dat Sihle se liggaam in die visdammetjie opgespoor is.

Sihle was by ʼn kinderpartytjie in Slagveldstraat in Rooihuiskraal toe hy omstreeks 12:00 verdwyn het. ʼn Soekgeselskap is uitgestuur om in die Rooihuiskraal-omgewing na hom te soek.

Kapt. Thomas Mufamadi, woordvoerder van die polisie, kon nog nie verdere besonderhede aan Maroela Media verskaf nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

HFM ·

Our heartfelt condolences to the Ntuli family. RIP little one.

Retha ·

Mag die Vader sy ouers vertroos in hierdie verskriklike hartseer tyd.

CHRISTA ·

Hoe groot is die eiendom dat hulle ‘n soekgeselskap moes kry om hom in ‘n visdammetjie op te spoor? En hoe diep is die visdammetjie?

Neptunus ·

Weet nie, maar dis seker klein gegewe “visdammetjie”. Nog ‘n kind dood weens nalatige grootmense wie nie moes kinders hê nie.

Ania ·

Ag ou Neptunus, ek wonder of jy kinders het? Of jy is seker perfek, want dis nogal harde, veroordelende woorde. ‘n Ongeluk kan baie vinnig gebeur. ‘n Woelige kleuter is een oomblik daar en die volgende oomblik kan hy soek wees. En as jy nog na meer as een moet kyk is dit eers ‘n taak. So ek sal liewer nie oordeel nie, net eerder besef dat ek elke dag my kinders aan die Here opdra.

Albertina ·

Ag moederlief! Was daar toesig oor die kleintjies. So onnodig, maar God kom haa Sy kindertjies op Sy tyd. R.I.V. Klein engelkind. Mag jou ouers vrede en aanvaarding vind in hierdie hartseer en seer. Alle sterkte.

faith ·

ai sterkte aan kleinding se ouers. maar di ongeluk was onnodig

SNEL ·

Ja wat, ek gaan seker soos Neptunus en Christa oor die kole gehaal word.
Ek neem aan die visdam was by die verjaarsdagpartytjiehuis, nou is my vraag, as jy sulke klein kinders nooi vir n partytjie, moet jy nie ekstra voorsorg tref op plekke waar hulle kan seerkry nie, veral omdat daar n klomp kinders is en jy nie oral kan wees nie. Daai visdam moes met “mesh” bedek gewees het en deure na so area moes gesluit en sleutels hoog gebêre gewees het. Ja, ek het kinders, en juis uit ondervinding weet ek; my kinders weet byvoorbeeld die gevare en moets en moenies van so gevaarlike ding, maar ander kinders is onkundig, want hulle het nog nooit met so ding te doen gehad nie. Water trek kinders, mens moet sulke goed SO goed moontlik beveilig. Ek wil nie klippe gooi nie, ek dink daar word juis nou gesê…pleks ons dit of dat. Ongelukke gebeur en miskien leer iemand uit die geval en red dit n ander kind se lewe. Mens dink ook nie altyd aan alles nie. Sterkte vir almal betrokke!!!

Retha ·

Anja ja, ons het almal kinders. Moeniwe iets probeer regpraat wat verkeerd is nie. Verskil is ek pas myne soos goud op elke oomblik. SNel jy is reg. Moenie kinders oornooi as dit nie veilig is nie. Ouers ly agv ander se nalatigheid wat daardie pragtige kind nie kan terugbring nie. As ek nie saam by partytjie kan bly tot hulle minstens 8 is nie dan gaan hulle nie. Hoop almal kan met hulle gewetes saamleef. Mag sy ouers vertroosting vind by ons Vader.

anne ·

Ongelukke gebeur, ongeag ouderdom. Groter kinders (seuns) raak rowwer… Elke ouer het die verantwoordelikheid om die gevare aan sy/haar kinders te verduidelik en kinders behoort gehoorsaamheid aan te leer om dan te luister en te doen wat hulle geleer is. En hier dwaal ek nou af: Min kinders word deesdae geleer om gehoorsaam te wees. Hulle is dan sou verskriklik oulik! En as Mamma en Pappa nie by is nie, so verskriklik stout en luister na geen grootmens se vermanings. Sug…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.