Vermiste Centurion-tiener gevind

Jane de Bruyn is gevind.

Jane de Bruyn is gevind.

Jane de Bruyn, die tiener van Centurion wat op 9 April verdwyn het, is Donderdag opgespoor en is terug in die sorg van haar ouers.

Dessie Rechner, stigter en direkteur van Pink Ladies, ʼn organisasie wat hom daarop toespits om vermiste mense op te spoor, het Donderdag aan Maroela Media gesê De Bruyn is in Vanderbijlpark met die hulp van ʼn privaatspeurder opgespoor.

“ʼn 20-jarige man is in hegtenis geneem en maatskaplike werkers is gestuur om die De Bruyns by te staan. Ondersoek duur voort,” het Rechner gesê.

Maroela Media het vroeër berig sy is twee weke gelede omstreeks 18:30 vir die laaste keer gesien. Sy het ʼn “USA”-sak by haar gehad.

Die man wat in hegtenis geneem is se naam mag nie bekend gemaak word voordat hy in die hof verskyn het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Chris ·

Die klein merrie, het sy ooit gedink in watter diep bekommernis het sy haar ouers gedompel, in vandag se tyd waar hulle deesdae vrouens ontvoer en vermoor . Hoop hulle kan deur alles werk en dat sy dit nooit weer aan haar ouers sal doen nie. Sy het moes geweet het hulle soek haar, en sy het doodstil gebly.

Ook 'N ouer ·

Vandag se kinders het geen respek vir hulle ouers nie, nog minder vir die massas mense wat dag en nag na hulle moet soek. Sit hulle in nywerheidskole waar hulle respek en maniere kan leer. Naweke moet hulle in die lykshuis en trauma eenhede werk. Hulle is bedorwe brokkies wat ‘n goeie pak slae nodig het.

Nico ·

Moet die dogter alleen veroordeel word? Is die nie ook ‘n geval dat ma en pa werk altwee nie want geld is baie belangrik. Kinders word dan oorlaai met sakgeld en die materieële. Hulle dink op die manier gee hulle die kinders ‘n goeie opvoeding maar in werklikheid raak die gesin vervalle soos byna die hele SA vandag is en die kinders het ander vervalle waardes wat hulle dink reg is want hulle ken nie iets anders nie.

Neptunus ·

Ook ‘n Ouer is reg, heelwat jongmense het nie meer respek vir hulself of ander nie. Probeer nou iets daaroor sê dan sien jy hoe die ouers reageer! Dit begin alles met ‘n gebrek aan opvoeding en dissipline by die huis en skool. En as hulle die dag in die sop is dan is dit altyd iemand anders se skuld, en dan is hulle “net kinders”. Beide die meisietjie en jongman is waarskynlik te blameer, wou seker êrens gaan huis opsit maar toe raak die geld op. G’n wonder mens lees al hoe meer in die media van verloofdes met hul kindertjies en so aan nie, alles werk agterstevoor deesdae.

JoeV ·

Mens is so by as hulle gevind word, veral na die onderwyser in die ooskaap nou weer, maar mens kan seker nie anders as om te dink die een kort helse pakslae nie!

Peet Schabort ·

En die bulletjie van 20jr ? “It takes two to tango”. Sy agterent kort ook slae.
Deur die internet ontmoet en hier het die avontuur begin?
Hy in Vanderbijlpark en sy in Centurion ?

Grassie ·

Peet – hy kort meer as ‘n pak slae. Die beesboere het ‘n soort knipper wat sal werk. Dit is soms maklik om met ‘n 16-jarige meisie se kop te smokkel. Hy sal dit moontlik weer doen.

JoeV ·

Jy’s reg, mens kan hom nie ontsien nie, dink daai knippertjie wat Grassie noem sal die ding doen. Mense na aan hom moet hom nou dophou, hy gaan weer probeer.

snip ·

Née wat, ek blameer nie eers die ouers nie, jy kan n goeie voorbeeld stel, leiding gee en en en, as hulle tieners is verlaat hulle brein hulle liggaam en voeter hulle in hul eie rigting in, want hulle is mos “groot” en weet beter. Jy kry kinders wat luister en n ouer se voorbeeld en raad volg, maar daai eiewys en hartkoppiges is ook daar. Grassie se knipper vir die mannetjie en n goeie pakslae vir die “groot mevrou”. Hulle sal ongelukkig eers besef wat hulle aan hul ouers gedoen het as hulle self ouers is…..hopenlik.

Eish! ·

Snip, ek stem saam. Ek het 2 kinders. Altwee het presies dieselfde opvoeding en voorbeeld gekry. Die oudste is goed en het altyd hard geleer. Die jongste is rebels en op die drumpel om haar hele lewe weg te gooi. Na vele waarskuwings van my en al ons vriende. Soms is dit lekkerder as lekker om jou eie kop te volg . Ek se altyd doen grootmens dinge en dra grootmens gevolge.

scalla ·

Alternatief, gebruik sommer daai skaaprekkie tang, en vir haar n helse pak slae.

Sollie ·

Toe ek by die oorspronklike berig gesê het dat die tiener alweer dalk weggeloop en haar ouers grys hare besorg het is ek links en regs veroordeel en as negatief bestempel! Sy kort ‘n pak slae en die man … ek sal liefs niks sê nie.

nig ·

Net so Sollie – waar is daai Retha en Anneke Louw nou wat jou gekritiseer het?

Annoniem ·

Ek stem saam, ouers kan nie meer kinders handteer nie en het ook nie respek vir hulself nie. Ek as ouma het gesien wat die kleinseun van 17 jr doen met ‘n meisie van selfde ouderdom. Alles word op internet geplaas om aandag te trek. Liefde word wereld wyd gepubliseer en gese “nou kan die hele wereld sien en hoor”. Hulle tree op asof hulle verloof of getroud is, toe ek daaroor praat is ek uitgetrap, “ek het geen REG het om in sy en ouers se lewens te meng nie”, hy kan maak en doen wat hy wil. Hardloop na mammie en ek word die vark in die verhaal mgv daar is geen kommunikasie meer nie en word geweier om enige kontak met hulle te he. Ek is woonagtig in die Vrystaat en hulle in Pretoria. Ma bly saam die afgelope 14 jaar met vriend. Wat se voorbeeld stel ouers aan hulle kinders, by dit geen respek word aan beide kante getoon nie, meisie se ouers stem saam en betaal vir alles. Gaan met duurste vakansie en seun moet saam, alles word vir hom betaal, vliegtuigkaartjie, verblyf, klere en sakgeld word voorsien. Universiteitskoste word vir volgende jaar betaal. Ouers moet terugkeer na die dae hoe hulle opgevoed is, dan sal daar minder buite egtelike kinders wees en Christelike waardes moet gevolg word.

Alien ·

Tieners is ander dierasies! Dit is soveel erger as daar meer as een in die huishouding is. Hare op jou tande help nie… net genade.

pop ·

Ek het op n kol 10 kinders onder dak gehad. en een ding weet ek. kinders leesrby die grootmense en hulle vat leiding by ons, en hulle weet blerrie goed watter streep om nie oor te steek as hulle goed weet wat die gevolge gaan wees nie. Daai ladytjie kort n afgedankste loesing en steek haar in die werk. Dit Sal haar hormone in bedwang hou!!!!!

EMK ·

Hoe raak ‘n 16 jarige meisie by 20 jarige man betrokke. Ouers is beslis ook maar lekker slapgat deesdae. Sy moet saans tuisbly en skoolwerk doen en daar moet reels vir inkomtye op Vry en Sat aande wees. Mens hoef niemand te dwing maar as jy van kleins af reëls instel sukkel jy nie later nie. Tieners is moeilik ja, maar ek dink mens kan regtig baie dinge verhoed. O ja, en ma en pa moet saamstem oor alles mbt opvoeding. Help nie ma sê jy is gehok en pa sê ag gaan maar vanaand uit nie of andersom. Weet ook presies wie vriende is en ook te alle tye waar jou kind is – glad nie so moeilik nie.

Eish! ·

EMK, het jy kinders in die huis, of wanneer laas het jy kinders in die huis gehad? Ek het nie meer nie, maar glo my ek is nog op datum met gebeure. Ek het dit ook so gedoen, maar weet dat dit al moeiliker raak om dit so te doen en soms draai die kind eers groot……sleg uit.

EMK ·

Eish – hoekom is dit NOU skielik moeilik? Tieners was nog altyd deur die eeue rebels en selfs in my jong dae waar ouers nie saam met disipline was en tieners sommer toegelaat het om met enigeen uit te gaan het die meisies gewoonlik swanger geeindig – jip op sestien. Dis nie moeilik om disipline toe te pas nie, mens begin van heel klein dan weet jou kinders waar hul staan wat jou idees is oor reg en verkeerd ens.

Peet Schabort ·

Jy is so reg EMK. Voor die kind stem julle saam, vanaand alleen kan die ouers gesels oor hul verskille indien daar ‘n verskil was. Wanneer die kind jou kom vra is jou heel eerste reaksie: “Was jy by pa/ma”? Daarvolgens word daar dan verder gehandel.

Jeanetta Taljaard ·

Hoe ironies. 20 jarige is in hegtenis geneem en maatskaplike werker staan de Bruyns by. Altwee is ewe skuldig, Sy moes na ‘n plek van veiligheid gevat word, aangesien sy duidelik nie tevrede is met wat haar ouers haar bied nie. Die orige mannetjie kan met tronkstraf opeindig en die orige juffrou kom skotvry. Sy kort duidelik ‘n ordentlike loesing om haar terug te help in haar sestien jarige skoen.

Elize ·

Ek lees al die kommentaar hierbo en kan net se dankie. Het ‘n 19j oue dogter. BAIE cheaky, maar verkies dit bo alles as ek na ander se probleme met hul meisiekinders luister. Studeer en dis die belangrikste ding in haar lewe. Het vriende, maar gaan minimaal uit en ken haar perke. Pa was in die grootword jare meer weg van die huis as gevolg van werk, ek moes ongelukkig ook werk, maar dit het geen verskil aan die dissipline en respek vir haarself en ander gemaak nie. Het so twee weke gelede gehoor hoe ‘n ou skoolvriendin se ma die uit ‘n kuierplek gaan haal het en die het sommer haar ma voor almal te lyf gegaan. Ek weet vir n feit dat sy haar dogter ook goed groot gemaak het. Maar die rebelse streek is maar iewers by tieners en dis nie aldag die ouers se skuld nie. Kan maar net dankie se aan my meisiekind. Jy is ‘n voorbeeld vir baie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.