Vermiste Kapenaar dood aangetref in Houtbaai-huis

Wayne Greer Foto: Facebook

Wayne Greer Foto: Facebook

Wayne Greer wat Sondag uit Vredehoek in Kaapstad verdwyn het, is dood aangetref in ʼn huis in Houtbaai.

Greer se vriende was besorg omdat sy selfoon afgeskakel was en hy nie by die werk opgedaag het nie. Hy was glo ook ʼn erge diabeet en sy chroniese medikasie was in die yskas by sy huis in High Cape, Vredehoek.

Intussen het konst. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, aan Maroela Media bevestig ʼn man se liggaam is om 05:00 dood aangetref in ʼn huis in Houtbaai. “Die omstandighede van die voorval word ondersoek,” het Rwexana gesê. “Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek. Vuilspel word nie vermoed nie.”

Talle persone betuig hul meegevoel met Greer se familie en vriende op Facebook.

*Taro Spies (25) wat op 12 Mei vermoedelik op Tafelberg in Kaapstad verdwyn het, word steeds vermis. Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Nina ·

Regtig? Dis die skerpste opmerking waarmee jy vorendag kon kom? Foeitog. Is jy as kind nie genoeg gedruk nie, of wat?

Eliza-beth ·

Bobbejaan: al wat ek kan sê is dat jy die regte skuilnaam gekies het.

Lea ·

Bobbejaan, jou naam sê alles … maar ek dink jy moet seker diep in jou binneste besef dit was ongelooflik ongevoelig van jou. Dis iemand se seun,, broer en familielid waarvan jy praat. Hoop nie jy kom so iets oor nie.
Wees ‘n man en vra omverskoning!

Christel ·

Vreeslik jammer om te hoor.. Dis baie hartseer… Hoop die hond het ook ‘n goeie huis…

Marin ·

Ja nee regtig Bobbejaan. Die naam pas so seer sekerlik by jou. As jy nie iets goed het om te sê nie, bly dan eerder stil man. Hoekom moet jy kamstig kommentaar wil lewer, maar kan net nonsens praat. Is jy dalk een van daai wie se hart kon gebreuk het.

Marina ·

Bobbejaan, jy laat mens dink dat jy dalk meer issues het as wat daar neesdoekkies te koop is. Moenie aan die wereld wys hoe dom jy rerrig is nie, want net ‘n mens wat nie veel tussen die ore het nie, sal so iets kwyt raak. Sterkt aan die gesin.

pop ·

Hy was voorwaar n pragtige man. My innige innige simpatie met almal vir wie hy dierbaar was. Bobbejaan, jy beledig die spesie deur daai skuilnaam te kies. Hulle is nie so ongevoelig nie. Jy is net plein n klont grond.

nig ·

Pop – jy het dit 100% verwoord. die arme ding kry nie aandag nie so nou soek hy dit met onnosel aanmerkings op forums. Moenie glo hy sal dit onder sy ware naam, adres en tel no laat publiseer nie, arme ou keffertjie. Kef, kef kef kef…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.