Vermiste swemmer se lyk gekry

Foto: NSRI

Foto: NSRI

ʼn 20-jarige man wat vermis geraak het terwyl hy in die see by Jeffreysbaai in die Oos-Kaap geswem het, se liggaam is Saterdag gevind.

Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seerededingsinstituut (NSRI), het gesê die man se liggaam het Saterdagoggend op ʼn strand naby Jeffreysbaai uitgespoel. Die polisie en NSRI was op die toneel.

Die man van Johannesburg het Dinsdag vermis geraak terwyl hy in die see geswem het. “’n Branderplankryer het die man probeer red maar hy het onder die water verdwyn voor die branderplankryer hom kon bereik.”

Lambinon het gesê die oorledene se familie ontvang traumaberading.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.