VF Plus wil Zuma van haatspraak aankla

Pres. Jacob Zuma, adjunkpres. Cyril Ramaphosa, ANC sekretaris-generaal Gwede Mantashe en tesourier-generaal Zweli Mkhize by die ANC se 103de herdenking in Kaapstad-stadion op 10 Januarie 2015 Foto: Elmond Jiyane, departement van kommunikasie

Pres. Jacob Zuma, adjunkpres. Cyril Ramaphosa, ANC sekretaris-generaal Gwede Mantashe en tesourier-generaal Zweli Mkhize by die ANC se 103de herdenking in Kaapstad-stadion op 10 Januarie 2015 Foto: Elmond Jiyane, departement van kommunikasie

Die VF Plus het gesê hy gaan president Jacob Zuma en die ANC by die Menseregtekommissie (MRK) van haatspraak aankla na Zuma se uitlatings oor Jan van Riebeeck.

Volgens adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor kommunikasie, het Zuma luidens berigte gesê “talle stryde en oorloë en sterftes en die gryp van grond en die ontneming van die inheemse mense se politieke en ekonomiese mag” het op Van Riebeeck se aankoms gevolg.

Alberts het gesê die VF Plus is van mening dat die uitsprake op rassebasis polariserend is en grof beledigend teenoor alle wit mense in die land is.
“Dit is onpresidensieel om sulke uitlatings te maak in ʼn land wat divers is en waar die staatshoof oor almal regeer. Dit is daarom die VF Plus se mening dat dit haatspraak is omdat wit mense die sondebokke gemaak word vir alles wat verkeerd geloop het sedert 1652,” het hy gesê.

“Die uitlatings kan boonop geskiedkundig betwis word en dit sou veral onrusbarend wees as dit sou blyk dat dit die amptelike siening van die ANC is. Die Menseregtekommissie moet die ANC hieroor konfronteer ten einde vas te stel of die regering vyandskap verklaar het teenoor alle witmense.”

Alberts het gesê die VF Plus gaan die klag nie net namens wit mense indien nie, maar namens alle gemeenskappe in Suid-Afrika wat graag in vrede wil saamleef en saam vooruitgaan.

“Sulke uitsprake is hoogs verdelend en kan veroorsaak dat nie net wit mense in die toekoms geteiken word nie, maar alle minderhede. Indien die ANC sou voortgaan op hierdie pad, kan ons begroot vir konflik in die toekoms en sal verskillende gemeenskappe in Suid-Afrika uiteindelik geen keuse hê as om hulself te verdedig deur verskeie vorms van remediërende selfbeskikking op te eis nie.”

Hy het bygevoeg dit sal hoogs ironies wees as die ANC self eindelik die oorsaak word van ʼn hoogs verdeelde Suid-Afrika. “Hierdie klag is juis daarop gerig om die ANC hieroor te konfronteer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Dave ·

Wat sal iemand met std 3 tog weet van Jan Van Riebeeck en die politiese sowel as ekonomiese bedrywighede daarna.

Cindy ·

Wat van n bietjie respek vir die land se witmense wat hierdie land gebou het wat die CANCer nou Binne 20 jaar vernietig het? Wat van n bietjie respek vir die enigste belasting betalers in die land? Wat van dankie vir wat eens n eerste wereld se land was en waarmee hy steeds gereeld spog? ” this is not some road in Malawi” sy dom redenasies sal nooit sin maak nie, maar hy sal volhou daarmee… ” There is no fool like an old fool”

Henry ·

Dankie VF+ en spesiale dankie vir jul pogings om hierdie snert wat oor ons herkoms kwyt geraak word, te betwis.

Narike ·

Hy het nog nooit verandwoordelikheid vir enige iets in Suid-Afrika aanvaar nie. Daars altyd iemand of iets anders of omstandighede wat al die probleme veroorsaak. Daars nie een voorval waarin Zuma erken het dat hy dit kon verbeter het nie. Vanaf 1994 het die rykes onder hulle ryker geword en die armes net armer. Laat my dink….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.