Video: Bakkie trek petrolpomp om; brand ontstaan

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

ʼn Video wat wys hoe ʼn petrolpomp by ʼn vulstasie in Springs deur ʼn bakkie omgetrek word en gevolglik ʼn brand veroorsaak, word wyd op sosiale media versprei.

Maroela Media het bevestig dat die voorval Dinsdagoggend omstreeks 07:00 by die Engen-vulstasie in Nigelweg in Selcourt plaasgevind het.

Die video wys hoe ʼn wit Toyota Hilux-bakkie skielik wegtrek terwyl die pomp se pyp steeds aan die bakkie gekoppel was. Die pomp word omgetrek en ʼn brand ontstaan. Petroljoggies is vinnig op die toneel om die brand te blus.

Die motoris het reeds vir sy brandstof betaal en vir ʼn strokie gewag toe die voorval plaasgevind het. Al die nodige veiligheidsprosedures is gevolg en niemand is tydens die voorval beseer nie.

Maroela Media het Engen se kommunikasie-afdeling gekontak vir meer inligting en wag vir terugvoer.

[wpvideo h3ffgG5K]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Patat ·

Moet dit nie wees: “Maroela Media het bevestiging ontvang” nie?
Ek vra maar net.

Paul ·

Waarom?

Indien Maroela Media die aktiewe agent was, is “Maroela Media het bevestig” tog korrek. Indien Maroela Media passief gewag het dat iemand met die inligting na Maroela toe kom, dan sou “het bevestiging ontvang” beter wees.

scalla ·

Reeds betaal, dus klaar brandstof ingegooi, nou wat soek die pyp nog in die voertuig, die tor het seker weer van die kurkprop afgeval!!!!

Herleen Potgieter ·

Na ek die video gekyk het, was ek hoendervleis want dit kon net sowel ek gewees het. Drie maande gelede het dieselfde met my gebeur. Dit was by die Buffelspark vulstasie regoor die Buffelspoort ATKV vakansieoord. Omtrent 6 uur die oggend oppad werk toe in Rtb het ek gou brandstof ingegooi. Klaar betaal en bevestig deur die petroljoggie dat ek kan ry hoor my seun en ek net ‘n slag, onder die indruk dat iemand inmekaar vasgery het. Met ‘n skok besef ons dit was ek wat die petrolpyp afgeruk het en die joggie nooit die pyp uit my motor verwyder het nie. Gelukkig het die pyp by die pomp uitgetrek en nie soos met die man aan die brand geslaan nie. Glo my ek het myself koud geskrik. Met die Here se genade het niks gebeur nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.