Video: Diefstal in ʼn japtrap uit ʼn motor

'n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

‘n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

Lauren Dibb, ʼn inwoner van Johannesburg, was onlangs die slagoffer van diefstal nadat boewe ʼn afstandbeheertoestel gebruik het om te keer dat haar motor nie sluit nie.

Kringtelevisiebeeldmateriaal wys hoe Dibb op 13 November omstreeks 19:00 by die Caltex-vulstasie in Kingfisherweg in Fourways stilhou om vinnig by die winkel in te gaan. Sy klim uit en terwyl sy na die winkel toe stap, draai sy om om haar motor met haar afstandbeheer te sluit. Die motor sluit egter nie, en Dibb stap onwetend die winkel in.

ʼn Rooi voertuig ry kort daarna agteruit en parkeer langs haar motor, op die parkeerplek vir gestremde mense. ʼn Man klim uit die passasierkant van die voertuig, kyk rond, en steel Dibb se sak uit haar kattebak. Hy klim terug in die voertuig en ry weg.

Dibb se motor het nie gesluit nie, omdat die verdagtes glo ʼn  afstandbeheer gebruik het om die frekwensie van die afstandbeheer wat haar motor sluit, te blokkeer. Motorhekke of motorhuisdeure werk op dieselfde frekwensie as die meeste moderne motors se slotte.

Dibbs het die kringtelevisiebeeldmateriaal op Facebook gedeel in ʼn poging om mense te waarsku om paraat te wees. “Ek maak gewoonlik seker dat my motor gesluit is deur die handvatsel op te lig,” skryf sy. “Ek was op die betrokke dag egter haastig en was slegs vinnig in die winkel in. Hulle werk só vinnig en dit maak nie saak hoeveel mense in die omgewing is nie, so wees versigtig,” het sy gewaarsku.

[wpvideo zjKfNV97]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Drieks ·

In die video kan die ANC spog wat hul in 20 jaar opgebou het. Korup soos die prez….

luke ·

Diewe, Kaapers en Moordenaars ens het nou n beroep geword. Dis beroepe van groot inkomste en meer geld as n Dr of Prokureur ens. As hulle gevang word kry hulle net n boete en die geld gaan na die regering. So in kort beteken dit dat dit vir die staat meer inkomste besorg. VIVA SUID AFRIKA

Asjas ·

O so dit is wat hulle bedoel wanneer hulle se hulle werk vir die regering of is staats amptenare?

Elizabeth ·

Hierdie is ‘n ou truuk – was selfs op Carte Blanche gewees. Mense moet mooi kyk as hul hul kar sluit of dit wel gesluit is. Waar is die dae toe ek klein was en mens dorp toe gaan en baie keer is die kar nie gesluit en soms is vensters ook nog oopgelos vir koel wind om deur te waai? Dis goed dat sy mense weer daaraan herinner met haar video op Facebook.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.